Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só lyk Airbus se taxi van die toekoms
Die Franse lugvaartgroep Airbus werk volstoom om vlieënde taxi’s gereed te hê vir die Olimpiese Spele wat oor vyf jaar in Parys aangebied word. Die groep het aangekondig dat hy met die Franse lughaweoperateur ADP en die RATP-groep, wat openbare vervoer in Parys bestuur, kragte saamgesnoer het om vertikale opstyg-en-land-voertuie (VTOL) by die 2024-Spele in bedryf te hê. Airbus het reeds verlede maand die eerste toetsvlug gedoen met sy viersitplek-CityAirbus (hiernaas). Die CityAirbus het agt skroewe wat aangedryf word deur elektriese motors teen sowat 950 rpm, om die geraasvlakke laag te hou. Die tuig se gemiddelde snelheid sal sowat 120 km/h wees op vaste roetes en dit sal nie ’n vlieënier benodig nie. Die groep se ander prototipe, die eensitplek-Vahana, het al baie toetsvlugte agter die rug. Dié tuig het ook agt elektriese motors en kan soos ’n helikopter kantel. Die Vahana se gemiddelde spoed sal sowat 190 km/h wees en sal na verwagting tot vier keer vinniger as motors in die stad kan beweeg. Anders as die CityAirbus is die Vahana nie outonoom nie, maar die vlieënier word bygestaan deur ’n stelsel wat struikelblokke in die lug en op die grond kan identifiseer. Albei voertuie word elektries aangedry

Die Franse lugvaartgroep Airbus werk volstoom om vlieënde taxi’s gereed te hê vir die Olimpiese Spele wat oor vyf jaar in Parys aangebied word.

Die groep het aangekondig dat hy met die Franse lughaweoperateur ADP en die RATP-groep, wat openbare vervoer in Parys bestuur, kragte saamgesnoer het om vertikale opstyg-en-land-voertuie (VTOL) by die 2024-Spele in bedryf te hê.

Airbus het reeds verlede maand die eerste toetsvlug gedoen met sy viersitplek-CityAirbus (hiernaas). Die CityAirbus het agt skroewe wat aangedryf word deur elektriese motors teen sowat 950 rpm, om die geraasvlakke laag te hou. Die tuig se gemiddelde snelheid sal sowat 120 km/h wees op vaste roetes en dit sal nie ’n vlieënier benodig nie.

Die groep se ander prototipe, die eensitplek-Vahana, het al baie toetsvlugte agter die rug. Dié tuig het ook agt elektriese motors en kan soos ’n helikopter kantel. Die Vahana se gemiddelde spoed sal sowat 190 km/h wees en sal na verwagting tot vier keer vinniger as motors in die stad kan beweeg.

Anders as die CityAirbus is die Vahana nie outonoom nie, maar die vlieënier word bygestaan deur ’n stelsel wat struikelblokke in die lug en op die grond kan identifiseer.

Albei voertuie word elektries aangedryf en stel geen koolstofgasse vry nie. Die idee is dat die lugtaxi’s op ’n lae hoogte tussen die lughawe en die stad sal beweeg

Meer oor:  Airbus  |  Parys  |  Taxi  |  Tegnologie  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.