Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só lyk ‘gewone’ slimhorlosie van R36 000
Die nuwe, peperduur Garmin Marq Driver.

Die prys van Garmin se jongste slimhorlosie sal enige bankbestuurder in sy ontbytgraan laat stik. Dié Amerikaanse vervaardiger van verskeie fiksheidstoestelle het pas sy duurste slimhorlosie tot nog toe bekend gestel.

Die Marq Driver is van titaan gemaak en oorgetrek met ’n spesiale laag koolstof vir ekstra duursaamheid.

Die raakskerm se glas is van saffier. Die bandjies is van egte leer.

Al dié luukshede gaan jou meer as $2 500 uit die sak jaag.

Dit is meer as R36 000 teen die huidige wisselkoers, wat beteken die Marq is duurder as die duurste iPhone en Samsung-slimfoon.

So, wat bied dié slimhorlosie wat sy massiewe prys regverdig?

Ongelukkig nie veel nie.

Soos ander Garmin-produkte meet die Marq jou aantal treë en kan jy kennisgewings van jou foon daarop ontvang.

Jy kan musiek daardeur op jou Bluetooth-oorfone speel en kontaklose betalings maak.

In wese bly dit egter ’n gewone fiksheidstoestel, hoewel een met ’n meer duursame voorkoms.

Die Marq Aviator vir vlieëniers.

Saam met die Marq stel Garmin ook twee toestelle bekend wat op vlieëniers en skippers gemik is.

Teen $1 950 bied die Aviator spesiale kaarte en gevorderde inligting oor die weer.

Die Captain, wat $1 850 kos, is ideaal vir die kaptein van ’n skip en bied bykomende inligting oor getye en weerstoestande in verskillende hawens wêreldwyd.

Die nuwe Marq Captain vir skippers.

Volgens Todd Register, Garmin se kreatiewe hoof, was dit ’n groot uitdaging vir die maatskappy om soveel funksies in ’n toestel in te sluit wat op die oog af soos ’n “gewone” horlosie lyk.

Meer oor:  Garmin  |  Slimhorlosies  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.