Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só lyk WhatsApp se nuwe funksies vir groepe
Foto ter illustrasie. Foto: iStock

Jou familie se groepsgesprekke op WhatsApp het pas beter geword.

Dié gewilde kletsdiens het ’n paar nuwe funksies by groepsgesprekke op sy platform gevoeg.

In die jongste weergawe van die platform kan jy nou ’n beskrywing vir ’n groepsgesprek byvoeg sodat deelnemers deeglik bewus is van die onderwerp onder bespreking, oftewel die doel van die gesprek.

Dié beskrywing verskyn boaan die gesprek sodat nuwe lede dit dadelik sien en weet waaroor dit gaan. Dié funksie is natuurlik handig vir mense wat hulle graag by groepe vir spesifieke onderwerpe of nuusblaaie wil aansluit.

Twee van WhatsApp se grootste mededingers, Telegram en WeChat, bied reeds geruime tyd so ’n funksie.

Nog ’n toevoeging tot groepsgesprekke op WhatsApp is dat jy maklik sal kan sien waar jou naam in die gesprek voorgekom het sonder dat jy deur al die boodskappe hoef te lees.

Sodra jy op die nuwe “@”-knoppie onderaan die gesprek klik, sal jy al die boodskappe sien waarin jou naam genoem is.

Dié funksie is soortgelyk aan hoe Slack, ’n kletsdiens vir die werkplek, werk.

Hoewel die “@”-knoppie nog nie in alle groepsgesprekke verskyn nie, is die verwagting dat WhatsApp dit stadigaan na al sy gebruikers sal uitrol.

Administrateurs wat ’n groep begin het, sal bly wees om te hoor hulle kan nie meer deur ander administrateurs uitgeskop word nie.

Die skepper van ’n WhatsApp-groep sal ook voortaan kan bepaal wie watter regte het vir die verandering van ’n groep se profielfoto of beskrywing.

Jy kan nou ontsnap

Sodra jy nou ’n groep verlaat, sal ’n ander groeplid jou nie sommer net weer kan byvoeg nie. Dit is om te keer dat lede jou net weer by ’n groep voeg waarvan jy juis wil ontsnap.

Meer oor:  Whatsapp  |  Slack  |  Apps  |  Tegnologie  |  Kletsapps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.