Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só soek die ganse wêreld na juffrou Viotti se video’s

Mense van oor die wêreld heen het die afgelope week naarstig na video’s van Fiona Viotti op gewilde pornografiese webwerwe gesoek.

Fiona Viotti was die gewildste soekterm op ’n verskeidenheid pornografiese webwerwe. Foto: Business Insider

Die trefwoord “fiona viotti” was die gewildste trefwoord op hierdie webwerwe in ’n verskeidenheid lande, insluitend Amerika en Kanada.

Dit was ook onder die toptien gewildste trefwoorde in Groot-Brittanje en selfs in Iran en Kasakstan.

In die meeste gevalle blyk dit egter ’n onbegonne taak te wees om die eksplisiete video op te spoor wat na bewering die voormalige onderwyseres van die Kaapse spogskool Bishops bevat.

Nuus dat Viotti glo ’n verhouding met ’n leerling van Bishops gehad het, het wêreldwyd opslae gemaak.

Eksplisiete video’s, asook kaalborsfoto’s van Viotti (30) doen reeds ’n paar weke lank die ronde op sosiale media, insluitend WhatsApp.

Van die beeldmateriaal het ook op verskeie pornografiese webtuistes beland waar dit in sommige gevalle al meer as 20 000 keer gekyk is, berig Ané van Zyl en Maygene de Wee.

Viotti se regspan probeer onverpoos om die video’s weer van dié webwerwe te verwyder, maar beskou dit as ’n “onbegonne taak”.

Data wys dat belangstelling in die video’s oor die wêreld heen versprei het.

Die video’s is skynbaar wel verwyder van al die groot pornografiese webblaaie waarop mense daarna gesoek het.

Dit het nuuskieriges genoop om aanlyn gesprekforums te besoek en daar te vra of enigiemand die video’s het en bereid is om dit te deel.

Besoekers gebruik ’n verskeidenheid van trefwoorde om die video te probeer opspoor. Foto: Business Insider

Suid-Afrikaners het self verskeie soekterme gebruik op een gewilde pornoblad in ’n poging om die video’s te vind.

Dit sluit in trefwoorde soos “bishops”, “bishops fiona viotti” en “south african teacher”.

Soortgelyke soektogte vir die slagwoord “cape town teacher” is ook gesien. – Business Insider, bygewerk

Meer oor:  Internet  |  Fiona Viotti  |  Pornografie  |  Aanlyn  |  Pornografiese Video's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.