Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só styg verkeer op Showmax en dís wat mense kyk
Showmax bied nou ook regstreekse nuus vir sy kykers aan.

Net soos met DStv Now het Showmax die laaste tyd ’n skerp toename in verkeer gesien danksy die staat van inperking wat mense binnenshuis hou.

Sedert Maandag 15 Maart, die dag waarop pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners gevra het om liefs tuis te bly, het die aantal kere wat ’n fliek, program of regstreekse uitsending op Showmax gekyk is, skerp toegeneem.

In vergelyking met vroeg in Februarie het Showmax se aantal daaglikse gebruikers met meer as 50% toegeneem, sê die diens in ’n verklaring.

Showmax sien normaalweg die grootste toename in kykers op ’n Sondag, maar sedert die middel van Maart is verkeer heelweek hoër as normaal. Teen 5 April was die aantal kere wat ’n fliek, program of regstreekse uitsending gestroom is, 150 indekspunte meer as vroeg in Februarie.

Dié toename in verkeer na Showmax en ander stromingsdienste soos Netflix plaas druk op plaaslike internetdiensverskaffers.

showmax

Vox Telecom sê die verkeer op sy netwerk is 50% hoër as normaalweg.

LEES OOK: Internetverkeer skiet die hoogte in

“Ons is in die bevoorregte posisie om mense in hierdie tyd by te staan,” sê Niclas Ekdahl, uitvoerende hoof van Connected Video, die afdeling binne MultiChoice wat Showmax en DStv Now bedryf.

Die feit dat sowel Showmax as DStv Now nou ook nuuskanale regstreeks stroom (en boonop gratis in die geval van DStv Now), het tot ’n groot toename in kykers gelei.

Verkeer op DStv Now is reeds 80% hoër as voor die staat van inperking.

Ander programme wat nou veral baie op Showmax gestroom word, sluit in Grey’s Anatomy, Modern Family en Game of Thrones.

Meer oor:  Dstv Now  |  Showmax  |  Tegnologie  |  Staat Van Inperking  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.