Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só val pryse van Vodacom se data

Vodacom se beloofde goedkoper datapryse tree op 1 April in werking.

Vodacom is Suid-Afrika se grootste sellulêre netwerk.Foto: Getty Images

Die diensverskaffer het die pryse van sommige databondels met tot 40% gesny.

’n Bondel van 50 MB wat vir 30 dae geldig is, is nou 40% goedkoper teen R12.

150 MB se data wat ook vir 30 dae geldig is, is nou 33% goedkoper teen R29.

Die prys van groter databondels het egter nie soveel gedaal nie.

Die gewilde 500 MB-bondel is net 21% goedkoper teen R79. Een gigagreep data kos nou R99, 34% goedkoper as verlede maand.

Die prysverlagings is deel van die ooreenkoms wat Vodacom met die Mededingingskommissie aangegaan het.

Die kommissie het in Desember bevind data in Suid-Afrika is te duur, en diensverskaffers is aangesê om iets daaromtrent te doen.

Vodacom, asook MTN, het daarna drastiese verlagings in die pryse van sekere databondels aangekondig.

Die kommissie het met Cell C en Telkom saamgestem dat hul data reeds goedkoop genoeg is en dat hul pryse nie verder verlaag hoef te word nie.

Vodacom bied ook afslag aan laerinkomstegroepe in spesifieke woonbuurte en dorpe. Die diensverskaffer het nie bekend gemaak watter woonbuurte of dorpe dit is nie.

Inwoners sal wel outomaties bykomende afslag kry op bondels wat deur Vodacom se ConnectU-platform gekoop word.

Intussen benodig verskeie opvoedkundige webwerwe ook van 1 April af geen data op die Vodacom-netwerk nie.

Toegang tot opvoedkundige platforms soos Wikipedia en Wiktionary is ook gratis as dit deur ConnectU besoek word.

Werksoekers kan ook op ConnectU portale besoek waar CV’s opgelaai en aansoek gedoen kan word vir werk.

Cell C het ook Woensdag aangekondig dat hy vanaf 1 Mei ’n sekere hoeveelheid data elke dag gratis aan sy vooruitbetaalde intekenare sal gee.

Cell C moet nog sê presies hoeveel data dit sal wees.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Datapryse  |  Tegnologie  |  Diensverskaffers  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.