SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tegnuus
Só verloor Vodacom, MTN markaandeel oor 15 j.

Waar Vodacom en MTN vyftien jaar gelede meer as 95% van die Suid-Afrikaanse mark gedomineer het, moes dié diensverskaffers toenemend plek maak vir kleiner rolspelers in die bedryf.

Volgens die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) bedien dié twee reuse nou saam 73,7% van die mark. Cell C se markaandeel beloop 16,5% teenoor Telkom se 9,8%.

markaandeel

Telkom is egter die diensverskaffer wat die vinnigste groei. In die ses maande tot einde September het Telkom sy aantal mobiele intekenare met ’n massiewe 75,7% opgestoot.

Sowel Vodacom as MTN boer agteruit wat hul aantal intekenare betref en Cell C se syfers stagneer.

Okosa het pas nuwe syfers oor die stand van die bedryf uitgereik in oorleg met die Mededingingskommissie wat na verwagting ook Maandag die uitslag van sy markondersoek na die “buitensporig hoë prys van data” in Suid-Afrika gaan uitreik.

Suid-Afrikaners kla reeds jare lank dat die prys van data hier ongunstig vergelyk met ander Afrika-lande waar dit heelwat laer is, selfs op dieselfde netwerk.

Die Mededingingskommissie het in April sy voorlopige verslag oor die koste van data uitgereik en bevind dat die manier waarop diensverskaffers hul datapryse struktureer, spesifiek armer Suid-Afrikaners uitbuit.

Die kommissie het reeds in April 2017 met sy ondersoek begin.

Diensverskaffers het egter teruggekap en gesê daar is heelwat versteekte koste wat datapryse beïnvloed en dat Suid-Afrikaners moet onthou die gehalte van mobiele infrastruktuur is hier verreweg die beste op die vasteland.

Suid-Afrika se aantal mobiele verbindings as persentasie van die bevolking is ook die hoogste in Afrika.

markaandeel

Die vier grootste diensverskaffers het volgens hul jongste beskikbare syfers gesamentlik meer as 100 miljoen intekenare.

Suid-Afrika het net sowat 59 miljoen inwoners.

Dit beteken bykans elke Suid-Afrikaner beskik oor meer as een simkaart.

Rolspelers in die bedryf kon tot Junie terugvoering aan die kommissie gee oor die bevindinge in sy voorlopige verslag.

Die kommissie maak sy finale verslag en aanbevelings aan die bedryf na verwagting Maandagmiddag om 14:00 bekend.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk  |  Netwerk  |  Diensverskaffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.