Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Sony bevestig wanneer nuwe PlayStation kom
Sony se jongste PlayStation sal in Desember 2020 uitgereik word. Foto: Unsplash

Ná maande van bespiegeling het Sony uiteindelik bevestig sy nuwe PlayStation gaan betyds vir Kersfees in 2020 uitgereik word.

Liefhebbers van videospeletjies wag reeds jare lank op nuus oor wanneer die jongste weergawe van die immergewilde PlayStation beskikbaar gaan wees.

Sony se videospeletjieplatform is sedert sy eerste generasie, wat reeds in 1994 verskyn het, ’n topverkoper regoor die wêreld.

Die PlayStation 2 is steeds die gewildste videospeletjieplatform van alle tye en meer as 155 miljoen daarvan is sedert 2000 verkoop.

Eweneens verskyn die PlayStation 3 (2006) en PlayStation 4 (2013) ook op die lys van gewildste platforms met gesamentlike verkope van bykans 200 miljoen.

Volgens Sony gaan die PlayStation 5 ’n merkbare verbetering op die PlayStation 4 wees wat grafika betref.

Speletjies gaan ook vinniger laai en die handkontrole sluit ook “gevorderde vibrasies” in, berig die BBC.

Microsoft se nuwe Xbox, PlayStation se grootste mededinger, verskyn ook rondom Desember 2020.

Die nuwe Xbox staan sover nog net as Project Scarlett bekend.

Nie Sony of Microsoft het al verklap watter speletjies vir die nuwe platforms ontwikkel word, of selfs hoe die toestelle lyk nie. Die prys is ook nog onbekend. 

Meer oor:  Sony  |  Playstation  |  Playstation 5  |  Tegnologie  |  Videospeletjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.