Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Soveel mense in SA het selfone, landlyne

’n Skamele 0,1% van Suid-Afrikaanse huishoudings kommunikeer slegs per landlyn, teenoor byna 90% wat net selfone gebruik.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se algemene huishoudelike peiling vir 2017, wat verlede maand uitgereik is, maak veral huishoudings in Mpumalanga net op selfone staat. Altesaam 95,6% van die inwoners daar besit net ’n selfoon en geen landlyn nie.

Die SSA se data wys daar is ’n duidelike verband tussen provinsies met ’n hoër inkomste per capita en die aantal huishoudings met ’n selfoon én landlyn.

Byna 20% van Wes-Kapenaars gebruik steeds albei en in Gauteng is dit 10,2%. In al sewe die ander provinsies gebruik minder as 8% van huishoudings albei.

Die meeste Suid-Afrikaners gebruik egter hul selfone vir toegang tot die internet.

Geen toegang

Daar is ook heelwat huishoudings met geen toegang tot ’n selfoon óf landlyn nie. Veral in die Noord-Kaap waar 10% van huishoudings nie oor ’n selfoon of landlyn beskik nie.

In Gauteng is die persentasie 1,4%, die laagste van al die provinsies.

Altesaam 86% van Johannesburgers besit net ’n selfoon, teenoor 12,2% wat ’n selfoon en ’n landlyn het.

7% van die huishoudings in Nelson Mandelabaai het geen selfoon óf landlyn nie, die grootste persentasie onder al die metro’s landwyd.

Net 10% van Suid-Afrikaanse huishoudings het internettoegang by die huis. Foto: Pixabay

Internettoegang

Volgens die SSA het byna 62% van Suid-Afrikaanse huishoudings minstens een lid van die huishouding wat toegang tot die internet het, hetsy by die huis, werk, internetkafee of op ’n selfoon (Sien ook grafika hieronder.)

Volgens provinsies het Gauteng die grootste aantal internetgebruikers met 74% van die huishoudings. Die meeste Gautengers verbind aan die internet met hul selfone (66,4%) teenoor 16,5% wat toegang tot ’n ADSL-lyn of vesel-internet by die huis het.

Kapenaars het die meeste toegang tot internet by die huis. Altesaam 31,3% van die huishoudings in die Kaapse metro beskik oor ’n ADSL- of vesellyn.

Die waarskynlikheid is egter heelwat groter dat ’n lid van ’n huishouding toegang tot die internet by sy of haar werkplek het, as by die huis. Net 2% van die huishoudings in Limpopo het byvoorbeeld toegang tot die internet by die huis.

Die meeste Suid-Afrikaners gebruik egter hul selfone vir toegang tot die internet. Veral in landelike gebiede, waar dit vir 40% van die mense die enigste toegang daartoe is.

Stedelike gebiede bied egter beter tegnologie wat beteken dat meer inwoners daar danksy ’n selfoon toegang tot die internet het. Altesaam 62% van stedelike huishoudings het toegang tot die internet op die selfoon van minstens een lid van die huishouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.