Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Soveel verdien Vodacom, MTN en Telkom se base
diensverskaffers
Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom en Sipho Maseko, uitvoerende hoof van Telkom. Foto's: Getty Images

Terwyl Suid-Afrikaners gebuk gaan onder buitensporig hoë datapryse, word selfoondiensverskaffers se uitvoerende hoofde ruim vergoed omdat hul maatskappy die een teiken ná die ander behaal.

Die vergoeding van Vodacom, MTN en Telkom se grootbase sluit in ’n basiese salaris wat wissel van R8,3 miljoen per jaar in die geval van Telkom se hoof, Sipho Maseko, tot R15,2 miljoen per jaar vir MTN se uitvoerende hoof, Rob Shuter. 

Shameel Joosub, Vodacom-hoof, se basiese salaris die afgelope boekjaar was R11,2 miljoen. (Sien ook grafika hiernaas.)

Dit is afgesien van kort- en langtermynaansporings, die uitkeer van dividende en ander byvoordele.

Volgens MTN se jongste geïntegreerde jaarverslag vir die boekjaar tot einde Desember, beloop Shuter se totale vergoeding R42,7 miljoen.

Dit maak hom die bes betaalde hoof van al die Suid-Afrikaanse diensverskaffers.

In syfers:
  • Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, se totale verdienste beloop R42,7 miljoen.
  • Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom, se totale verdienste beloop R38,2 miljoen.
  • Sipho Maseko, uitvoerende hoof van Telkom, se totale versienste beloop R23,2 miljoen

As maatskappy is MTN wel ook aansienlik groter as Vodacom en Telkom, met meer intekenare en ’n groter omset.

MTN se inkomste vir die jaar tot einde Desember beloop R134,5 miljard.

Vodacom het in sy boekjaar tot einde Maart R90,1 miljard verdien; Telkom het in die ooreenstemmende tydperk R41,8 miljard ingevorder.

Cell C is die enigste ongenoteerde diensverskaffer en maak derhalwe nie besonderhede van sy uitvoerende hoof se vergoeding bekend nie.

Joosub se voorbelaste verdienste in die boekjaar tot einde Maart beloop R38,2 miljoen. Dit sluit in ’n kontantbonus van R9,7 miljoen en ’n langtermynaansporing van R12,2 miljoen.

Sy maandelikse salaris voor aftrekkings is nagenoeg R940 000.

Dit is ’n verhoging van 7,9% vergelyke met die vorige boekjaar.

Maseko se maandelikse verdienste voor aftrekkings beloop R691 000. Hy het ’n kontantbonus van R7 miljoen vir die boekjaar tot einde Maart ontvang sowel as R5,3 miljoen in langtermynaansporings. Sy totale vergoeding beloop dus meer as R23 miljoen voor belasting en ander aftrekkings.

Suther het ’n koel R1,2 miljoen per maand voor aftrekkings ontvang.

Daarbenewens ontvang hy byvoordele ter waarde van R2,3 miljoen vir die jaar. Dit sluit in ’n bydrae tot sy mediese fonds, en lewens- en ongeskiktheidsversekering.

Hy het ook ’n kontantbonus van R25,2 miljoen gekry.

selfoon, diensverskaffers

Direkteure kry ook ’n vet salaris

Die maatskappye se direkteure word ook ruim vergoed.

Philip Moleketi, voorsitter van Vodacom se direksie sedert Julie 2017, is R2,7 miljoen betaal.

Phuthuma Nhleko, uitvoerende voorsitter van MTN se direksie sedert November 2015, het R3 miljoen ontvang.

Jabu Mabuza, wat op 31 Mei 2019 as nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Telkom-direksie bedank het, is in die boekjaar tot einde Maart R1,8 miljoen in dié tweeledige rol betaal.

Mabuza is intussen deur Sello Moloko vervang, wat ook albei hierdie rolle vervul.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Salaris  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk  |  Netwerk  |  Diensverskaffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.