Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spektrum-veiling wéér uitgestel

Die lang verwagte veiling van breëbandspektrum, wat in Maart sou plaasvind, is nou eers weer uitgestel.

Twee hofsake teen die spektrumveiling word afgewag.

Dit kom nadat Telkom en e.tv ’n interdik teen die veiling bekom het in hul saak teen die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa).

Volgens MyBroadband sal die interdik keer dat die spektrumveiling plaasvind totdat die saak deur die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Volgens die bevel in die hooggeregshof mag Okosa nou geen spektrumaansoeke verwerk nie.

Die sluitingsdatum vir spektrumtoepassings wat verband hou met die beplande groothandel-ooptoegangsnetwerk (WOAN) is ook opgeskort.

Telkom en e.tv het aangevoer spektrum in die band van 700 MHz tot 800 MHz kan eers opgeveil word nadat die proses van digitale migrasie vir TV-uitsendings voltooi is.

Telkom vra ’n hofbevel dat digitale migrasie teen 30 Junie 2021 voltooi moet wees, maar pres. Cyril Ramaphosa het op 11 Februarie in sy staatsrede gesê dit behoort teen Maart 2022 voltooi te wees.

Die toewysing van meer spektrum word nou al meer as 14 jaar lank afgewag. Dit word beskou as die belangrikste manier waarop vinniger en goedkoper internet aan meer mense beskikbaar gestel kan word.

MTN het ook regstappe teen Okosa gedoen oor die manier waarop diensverskaffers in kategorieë geplaas word, ’n saak waarin Vodacom ’n teenaansoek teen MTN se aansoek ingedien het. Dit sal vandeesmaand saam met MTN se aansoek aangehoor word.

Meer oor:  Okosa  |  Mtn  |  Vodacom  |  Telkom  |  E.Tv  |  Tegnologie  |  Breëband  |  Selfoonmaatskappye  |  Data  |  Internet  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.