Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spektrum-veilings kom binnekort

Die Onafhanklike kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) verwag om teen einde Augustus ’n regsgeskil met telekommunikasie-ondernemings oor die veiling van die nuwe breëbandspektrum by te lê.

Die vertragings vir veilings vir nuwe breëbandspektrum kan teen Augustus uit die weg geruim wees. Foto: Unsplash

“Daar is uiteenlopende skikkingsopsies wat ontvou oor die spektrumveilings en daar is baie bemoedigende onderhandelinge,” het Okosa in ’n verklaring gesê.

Die MTN-groep, wat die tweede meeste intekenare in die land het, en Telkom het hulle na die howe gewend oor hoe die reguleerder die beoogde veilings reël wat aanvanklik in Oktober verlede jaar aangekondig is ná jare van vertragings en wat na verwagting meer as R8 miljard se investering kan lok.

Die regsaksie het pres. Cyril Ramaphosa verlede week genoop om telekommunikasie-ondernemings te pak en hulle te versoek om die saak op te los tot voordeel van die land.

Keabetswe Modimoeng, voorsitter van die reguleerder, sê hy verwelkom Ramaphosa se kommentaar en hy “is vol vertroue dat dit, op grond van die besprekings en toegewings deur die partye, tot ’n goeie skikkingsooreenkoms sal lei teen nie later nie as einde Augustus 2021”.

“Sodra ’n ooreenkoms bereik is, sal Okosa nog ’n paar weke benodig om die spektrumveilingproses aan die gang te sit en die nuwe sluitingsdatum vir die draadlose oop toegangsnetwerk te kommunikeer,” het Modimoeng gesê.

Die markleier Vodacom, wat nie teen die proses beswaar gemaak het nie, en MTN het lank gevra vir ’n wyer spektrum om hul datadienste uit te brei en die inkomste te verhoog. Die regering beskou die stap as ’n manier om beleggings te lok om die ekonomie te laat herleef.

Meer oor:  Okosa  |  Spektrum  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.