Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spotify maak musiek in nog 80 lande

Dit lyk of Spotify daarna mik om die digitale klankgolwe oor te vat nadat hy na 80 nuwe markte uitgebrei het.

Spotify nou beskikbaar in meer lande. Foto: Spotify

Dit beteken ook Suid-Afrikaners sal binnekort in buurlande soos eSwatini en Zimbabwe op Spotify kan inteken as hulle daar kuier.

Die maatskappy sê hy wil ’n grenslose klank-ekostelsel skep wat skeppers, luisteraars en inhoud verbind. Daarom is die wêreld se gewildste klankstromingsdiens nou vir meer as ’n miljard mense oor die wêreld heen beskikbaar. Benewens die nuwe lande word 36 tale by die platform gevoeg.

Dié skuiwe verteenwoordig Spotify se breedste markuitbreiding tot nog toe.

Spotify het Maandag die nuus op ’n stromingsgeleentheid bekend gemaak en gesê die uitbreiding help om te verseker dat klanke en verhale wat eens plaaslik gebly het, ’n wêreldwye gehoor kan bereik.

“Ons toewyding aan internasionale kunstenaars en luisteraars is onwrikbaar. As ons nou saamwerk met plaaslike skeppers en vennote, lewer ons ’n Spotify-ervaring wat voldoen aan die unieke behoeftes van elke mark, met skaalvertalings en gespesialiseerde betaalformate. Dié meer as 80 markte verteenwoordig meer as ’n miljard mense – potensiële Spotify-luisteraars wat nog nie die krag van ons platform kon benut nie,” het Daniel Ek, stigter en uitvoerende hoof van Spotify, gesê.

“Die bestaande ryk musiekkulture in elk van die markte sal nou Spotify se wêreldwye gehoor kan bereik. Al dié onbenutte musiekenergie en toegang tot ons innoverende hulpmiddels vir skeppers, help kunstenaars om nuwe hoogtes te bereik en stel hulle in staat om hul passie in ’n beroep te verander.”

Lande in Asië, Afrika, die Karibiese Eilande, Europa en Latyns-Amerika is onder die 80 nuwe markte. Dit sluit in buurlande van Suid-Afrika soos eSwatini, Angola, Malawi, Zambië en Zimbabwe.

Spotify sê hy sal in elke nuwe mark saamwerk met die plaaslike skeppers en vennote om die musiekkatalogus uit te brei en ’n Spotify-ervaring te lewer wat aan die unieke behoeftes van elke mark voldoen.

Met verloop van tyd beoog die maatskappy om die volgende aanbiedings in elke streek bekend te stel:

Planne: Gratis en premium-planne is in al die markte beskikbaar. In sekere markte bied Spotify individuele, gesins-, Duo- en studenteplan-opsies.

Gebruikerservaring: Luisteraars kan uit Spotify se wêreldwye katalogus kies en soek wanneer hulle die produk gebruik, wat vanaf die eerste dag ’n persoonlike ervaring bied. Die tuisskerm sal verpersoonlikte lyste vir nuwe luisteraars wys. Die blaai- en soekbladsye bevat wêreldwye inhoudsentrums, en pas aan by die plaaslike mark en luisteraars se smaak hoe meer hulle die diens gebruik.

Musiekkatalogus: Met die bekendstelling sal Spotify sy volledige wêreldwye katalogus in nuwe markte aanbied.

Podsendings: In die meeste lande begin Spotify met sy volledige podsending-katalogus. Vir die ander sal dit nou saamwerk met plaaslike vennote om meer podsendings uit sy katalogus bekend te stel, sowel as Spotify se eie skeppersplatform, Anchor.

Platforms: Spotify sal op slimfone en rekenaars beskikbaar wees.

Meer oor:  Spotify  |  Stromingsdienste  |  Tegnologie  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.