Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spotify se gewildste liedjies in SA is . . .
Spotify is beskikbaar as ’n app op Andoid- en Apple-toestelle, sowel as op Windows- en Mac-rekenaars. Foto: Verskaf

Daar is dalk musiek te kies en te keur op Spotify, maar daar is ’n paar kunstenaars na wie Suid-Afrikaners oor die afgelope maand baie graag geluister het.

Dié gewilde musiekstroomdiens, met sy meer as 35 miljoen liedjies, is vroeg in Maart in Suid-Afrika bekend gestel.

En sedertdien is die Kanadese kletsrymer Drake skynbaar hoog op Suid-Afrikaners se speellys.

Luidens ’n verklaring is “God’s Plan”van Drake die liedjie wat die meeste die afgelope maand plaaslik gestroom is, gevolg deur Post Malone se “Psycho”.

Ander liedjies soos Khalid se “Love Ties”, XXXTentacion se “SAD!” en Kendrick Lamar se “All the Stars” is ook op die toptienlys.

Plaaslike kunstenaars is darem ook ’n bietjie “lugtyd” gegun. Volgens Spotify se inligting, wat tussen 13 Maart en 10 April versamel is, was Jeremy Loops die gewildste kunstenaar uit eie bodem.

Suid-Afrikaners het ook gereeld na die Nigeriese kletsrymer Mckay, na Shekhinah, Goldfish en Fokofpolisiekar geluister.

Van die gewildste speellyste sluit in Top Hits South Africa, Chilled Vibez en New Music Friday South Africa.

Lees ook: Watter musiekstromingdiens moet ek kies?

Die diens het egter nie spesifieke syfers bekend gemaak oor hoeveel keer die onderskeie kunstenaars, speellyste en liedjies gestroom is nie. ’n Woordvoerder het vroeër bevestig dat dit Spotify se beleid is om nie spesifieke syfers bekend te maak nie.

Die diens wou byvoorbeeld ook nie bevestig hoeveel Suid-Afrikaners die app in die eerste maand afgelaai het nie.

Spotify, wat sowat 11 jaar gelede in Swede deur Daniel Ek en Martin Lorentzon begin is, is nou in 65 lande beskikbaar. Die diens het meer as 157 miljoen aktiewe gebruikers van wie 71 miljoen vir die diens betaal.

Die maatskappy het vroeg in April op die New Yorkse aandelebeurs begin noteer met ’n huidige aandeelprys van $154,91.

Meer oor:  Spotify  |  Jeremy Loops  |  Drake  |  Fokofpolisiekar  |  Musiek  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.