Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spyt kom te laat op sosiale media
Sosiale media is per definisie nooit privaat nie. Grafika: Pixabay

Die gebruik van sosiale media het ’n mynveld geword, en enigiemand – van werknemers tot bestuurders tot ’n kleinsake-entrepreneur – se reputasie en toekomstige sakegeleenthede kan besoedel word deur ’n onnadenkende oomblik.

Goeie wenke vir die nugtere gebruik van sosiale media kan dus nooit te veel herhaal word nie.

Hier is Dylan Kohlstädt, uitvoerende hoof van die digitale bemarkingsagentskap Shift ONE, se wenke:

1. Sosiale media is nie jou private ruimte nie.

Dit sal nie “sosiaal” genoem word as dit privaat is nie. Dis nie jou joernaal of dagboek nie, jy is nie alleen nie. Almal luister. Moenie iets daar skryf as jy oormoeg, dronk, kwaad of ontsteld is nie.

Dylan Kohlstädt, uitvoerende hoof van die digitale bemarkingsagentskap Shift ONE.

2. Skryf goed wat ander sal wil lees.

Vra jouself af: is dit insiggewend, snaaks, gaan dit my geld of tyd bespaar, gaan enigiemand anders behalwe jy regtig omgee oor dié inhoud, en is jy gemaklik daarmee dat absoluut enigiemand dit lees? As die antwoord nee is, kry ’n ander platform om jou idees te deel of gesels eers daaroor met ’n goeie vriend oor ’n koppie koffie.

3. As jy eers iets geplaas het, is dit nie vergete nie.

Al het jy dit verwyder, is dit nie vernietig nie. Wat jy op die internet plaas, kan vir altyd daar bly. Wat jy plaas, definieer jou aanlyn handelsnaam.

4. Jou volgelinge is nie jou vriende nie.

Hulle is nie mense wat belang stel in jou vloermoer oor kultuur of politiek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.