Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Stadige internet? Dis suidooster se skuld

Die stormsterk suidooster wat die Kaap sedert einde verlede week teister, dra by dat Suid-Afrika steeds met stadige internet sukkel.

Netwerk24 het voorheen berig dat twee belangrike ondersese kommunikasiekabels wat Suid-Afrikaners aan die internet verbind, gelyktydig probleme gee.

Die SAT-3/WASC-kabel, wat Portugal en Spanje met Suid-Afrika verbind, en die Wacs-kabel wat Suid-Afrika met Brittanje verbind, gee van Donderdag af probleme.

LEES OOK: SA internet stadig nadat 2 kabels probleme gee

Afrihost, een van Suid-Afrika se internetbedieners, het Sondag getwiet dat die skip wat herstelwerk aan dié kabels moet doen, in die hawe in Kaapstad vasgekeer is weens die wind.

Hy sê daar is nog geen aanduiding van wanneer herstelwerk aan die kabels gedoen gaan word nie.

Die SAT-3/WASC-kabel gee probleme naby Libreville in Gaboen, terwyl die Wacs-kabel ’n onderbreking langs die kus van die Demokratiese Republiek van die Kongo, of selfs meer suid langs die kus van Angola, ervaar.

Die Wacs-kabel is 14 530 km lank en op 12 plekke aan Afrika verbind.

Sy eindpunt (en Suid-Afrikaanse verbinding) is by Yzerfontein in die Wes-Kaap. Dit is juis daar waar daar ondersoek ingestel moet word oor of daar enige skade aan die kabels is of nie.

Dit is nie heeltemal duidelik presies wat die foute behels, of wat dit veroorsaak het nie. Volgens Openserve sou skepe gestuur word om die kabels te herstel.

Die herstelskip is nie die enigste wat vasgekeer is in die Tafelbaai-hawe nie.

Die passasiersboot MSC Orchestra, met 3 200 mense aan boord, was ook die naweek vasgekeer.

LEES OOK: Skip deur stormwind in Kaapstad-hawe vasgekeer

Volgens Lauren Smith, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het die wind Vrydag tussen 50 km/h en 60 km/h gewaai.


Meer oor:  Afrihost  |  Suidooster  |  Internet  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.