Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Standard Bank-kliënte kan nou ook Samsung Pay
Samsung Pay is nou ook vir Standard Bank-kliënte beskikbaar.

Byna twee weke nadat Absa-kliënte eerste toegang tot Samsung Pay gekry het, is dié innoverende betaalmetode nou ook vir Standard Bank-kliënte beskikbaar.

Samsung Pay laat kontaklose betalings met jou Samsung-foon toe. In plaas daarvan om ’n bankkaart by ’n betaalpunt te gebruik, hou jy bloot jou foon naby die kaartmasjien en die geld word outomaties van jou gekoppelde kaart verhaal.

Samsung Pay is reeds geruime tyd in verskeie oorsese lande beskikbaar en is nou in Suid-Afrika bekend gestel.

“Ons is verheug om dié uitsonderlike diens na Suid-Afrika te bring,” sê Craige Fleischer, visepresident van geïntegreerde mobiliteit vir Samsung Suid-Afrika.

“Ons is ook baie bly oor die positiewe reaksie wat ons van banke en handelaars ontvang het.”

In die loodstydperk sal Samsung vir almal wat Samsung Pay die eerste keer gebruik, ’n R30-geskenkbewys vir Mugg & Bean gee. Sodra jy Samsung Pay vyf keer gebruik het, kry jy ’n ete by Steers.

Wat moet jy doen?

Eerstens moet jy ’n kliënt van Absa of Standard Bank wees. Volgens Samsung gaan ander Suid-Afrikaanse banke weldra ook genooi word om aan te sluit.

Tweedens moet jy jou op Samsung se webwerf registreer, waarna jy toegang tot Samsung Pay sal kry.

Tans werk net ’n gekoppelde krediet- of tjekkaart. Volgens Samsung gaan debietkaart-funksionaliteit binnekort ingestel word.

Hoe veilig is dit?

Samsung Pay stoor nie jou bankbesonderhede nie, maar werk in oorleg met jou bank. Dit beteken dit tree op as tussenganger tussen jou foon en jou bank en beklink nie self enige transaksie nie.

Nieteenstaande word die app beskerm met jou biometriese identiteit, insluitende gesigherkenningstegnologie of jou vingerafdruk.

Elke transaksie kan ook net deurgevoer word deurdat jou biometriese inligting soos jou vingerafdruk, of jou gesigskandering gebruik word, of deur ’n unieke PIN in te tik wat jou bank aan jou stuur, soortgelyk aan ’n OTP (one time PIN).

Samsung Pay werk met kontaklose kaartmasjiene, sowel as masjiene wat nog ’n magnetiese strook gebruik.

Meer oor:  Samsung  |  Betalings  |  Samsung Pay  |  Tegnologie  |  Standard Bank Group  |  Absa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.