Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Starlink slaag die toets vir videovermaak

Elon Musk se SpaceX Starlink speel nie – en dis lekker om mee te speel.

So lyk die satellietskottel wat die eindgebruiker van Starlink af ontvang. Foto: SpaceX

Die satelliet-breëbandinternetdiens is pas in die VSA in bedryf gestel, en swaar datagebruikers, insluitend gamers, het nie op hulle laat wag om die spoed daarvan te toets nie.

Die YouTuber Linus Tech Tips het ter illustrasie videospeletjies met verskeie deelnemers gespeel. In sy video doen hy ook ’n spoedtoets met Speedtest waarin hy 138 mbps aflaai- en 23 mbps oplaaispoed behaal het met Starlink.

LEES OOK: Dís wat Elon Musk se Starlink jou gaan kos

Dit bevestig Starlink se bewering dat sy beta-gebruikers ’n aflaaispoed van meer as 100 mbps en ’n oplaaispoed van 20 mbps behaal het. (Beta-gebruikers verwys na diegene wat aan finale toetse vir die internetdiens deelgeneem het.)

Baie belangrik vir videospeletjies het Linus ’n “ping” van 27 millisekondes (ms) behaal. Ook dit bevestig Starlink se syfer van minder as 31 ms.

“Ping” verwys na hoe vinnig ’n opdrag van een rekenaar na die volgende beweeg, wat natuurlik vir mense wat mededingend videospeletjies speel, belangrik is. Dit is in dié konteks aanvaarbaar om te speel met ’n ping van minder as 100 ms. Maar hoe laer dié syfer is, hoe beter, natuurlik.

Ek vaar tuis met Vox as my internetdiensverskaffer (vesel) volgens Speedtest heelwat beter met net 1 ms. Dit wissel wel afhangende van hoe besig internetverkeer raak.

Speedtest se meting van Vox-vesel-breëband-internetdiens se spoed. Foto: Werner Wippenaar

MyBroadband sê wel dat SpaceX se Starlink-breëband-internetdiens in die toekoms oor lang afstande kleiner vertragings sal hê as veselverbindings.

Dis danksy twee belangrike verbeterings wat na verwagting oor die volgende paar jaar aan Starlink aangebring sal word – meer grondstasies en die toevoeging van laserverbindings tussen die satelliete.

Daar is nie baie bedieners vir videospeletjies in Suid-Afrika nie. Hier is plaaslik nie genoeg spelers om bedieners vir alle groot titels te regverdig nie, wat beteken dat plaaslike spelers gereeld op internasionale bedieners in Europa of die VSA moet speel.

Omdat dié bedieners ver van Suid-Afrika is, is daar ’n vertraging in die tyd vandat ’n aksie uitgevoer word totdat dit in die spel plaasvind.

Dit bemoeilik sake vir ernstige plaaslike spelers om op wêreldvlak mee te ding.

Hoe meer satelliete en grondstasies Starlink oprig, hoe beter dus vir dié spelers.

Starlink sal ook in toekoms data tussen satelliete kan oordra sodat gebruikers nie sukkel met hul konneksie van die grond tot die satelliet nie.

Meer oor:  Spacex  |  Starlink  |  Elon Musk  |  Internet  |  Data  |  Satelliete  |  Breëband  |  Breëbandinternet  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.