Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
KYK: Steelfoto’s wys glo goedkoper iPhone Xc
Die iPhone X, wat verlede jaar uitgereik is, kry vanjaar ’n goedkoper kleinboet, die iPhone Xc. Foto: Unsplash

Apple stel Woensdag sy jongste reeks iPhones bekend.

En te midde van intense bespiegelinge in iPhone-kringe oor wat ’n mens kan verwag, het daar nou nuwe steelfoto’s op sosiale media opgeduik wat glo die nuwe iPhone Xc wys.

Dit is glo die meer bekostigbare kleinboet van die bestaande iPhone X, wat ’n jaar gelede die lig gesien het.

Na wat berig word is die Xc goedkoper as die X omdat die meer bekostigbare LCD-tegnologie eerder as die X se OLED-tegnologie vir die skerm gebruik word.

Die grootste verrassing wat die steelfoto’s verklap, is die kleure waarin Apple die Xc beskikbaar gaan stel. Die drie modelle op die steelfoto’s is onderskeidelik ’n donkerrooi, byna maroen, spierwit en vlootblou.

Mashable sê dit is interessant dat Apple die nuwe foon die Xc noem, eerder as die iPhone 9, soos daar verwag is.

Apple het ’n paar jaar gelede die iPhone 5c uitgereik, ook ’n goedkoper weergawe van sy vlagskip-naamgenoot.

Buiten vir die Xc gaan Apple Woensdag na verwagting nog twee slimfone bekend stel. Een is ’n kloon van die iPhone X, maar met ’n beter verwerker (wat glo die Xs genoem sal word), en die ander is ’n iPhone X met ’n nog groter skerm (die Xs Max)

Apple stel ook sy jongste slimhorlosie, die Watch Series 4, op Woensdag se geleentheid in die Steve Jobs-teater in Cupertino, Kalifornië, bekend.

Die nuusblad 9to5Mac het ook steelfoto’s van dié horlosie wat wys die Series 4 gaan beduidend dunner wees as sy voorgangers. Die horlosie se skerm is ook groter en maak nou gebruik van die jongste OLED-tegnologie.

Die maatskappy sal ook na verwagting die nuutste weergawe van sy bedryfstelsels vir slimfone, slimhorlosies en Mac-rekenaars Woensdag aankondig.

’n Nuwe platform waarop jy jou slimfoon, slimhorlosie en oorfone koordloos kan herlaai, word ook verwag. Dit gaan glo die AirPower genoem word.

Meer oor:  Apple  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.