Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Stroom nou dataloos op Cell C se Black
Cell C se Black stromingsdiens sal vir die volgende drie maande geen data op dié netwerk verbruik nie.Foto: Cell C

Cell C het ’n nuwe promosie van stapel gestuur waardeur sy stromingsdiens Black geen data verbruik op dié netwerk nie.

“Ons weet dat toegang tot data die grootste haakplek is wat keer dat mense toegang tot ’n stromingsdiens kry,” sê Jose dos Santos, Cell C se uitvoerende hoof. “Daarom sal enige bestaande of nuwe kliënt van Cell C hom oor die volgende drie maande nie oor data hoef te bekommer om sy gunstelingreekse te stroom nie.”

Die promosie is van Maandag (7 Mei) af geldig en duur tot op Vrydag 10 Augustus.

Cell C-kliënte kan bloot die GETblack-app op Android of iOS aflaai, registreer en begin stroom.

Black bied verskeie pakkette waarvan sommige toegang gee per dag, week, naweek of maand. Daar is ook verskeie flieks wat afsonderlik gehuur kan word en waarvoor die bedrag binne die app van jou vooruitbetaalde lugtyd verhaal kan word.

Al die inhoud sal gestroom kan word sonder enige dataverbruik op die Cell C-netwerk.

Black ding mee met Netflix en ShowMax. Dit bied benewens flieks en programme ook sportweddenskappe, musiek en konsertkaartjies.

Meer oor:  Cell C  |  Black  |  Datakoste  |  Tegnologie  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.