Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Stroom musiek met Telkom se nuwe app

Telkom maak dit nou met sy nuwe app Telkom Music moontlik vir mense om ook musiek te stroom.

Jy kan nou musiek met nuwe Telkom-app stroom. Foto: Telkom

Die app word in vennootskap met Tencent aangebied en deur JOOX gedryf.

Die maatskappy sê die wêreld van musiekstroom het reeds baie opsies soos YouTube Music, Spotify en Apple Music om net ’n paar te noem, maar Telkom se app is besonders omdat hy baie min data sal gebruik om musiek te stroom. Daar is ook die moontlikheid van gedeelde musiekervarings tussen gebruikers.

“Ons het onlangs ander nuwe produkte bekend gestel om in die inhoudsbehoeftes van ons kliënte te voorsien, insluitend ’n video op aanvraag en speletjiedienste; en die musiekproduk rond alles uit ’n inhoudsoogpunt af,” sê Wanda Mkhize, uitvoerende hoof van inhoud van Telkom.

“Die toekoms van musiekstroom sal gedeelde sosiale ervarings insluit,” sê Brett Loubser, uitvoerende hoof van Tencent Africa Services.

“Telkom Music sal ‘Mods’ insluit wat daarop gemik is om die musiekervaring te deel.”

Nog kwaliteite is dat die app net 10 megabit groot is en ontwerp is om datagebruik en ruimte op jou slimfoon te bespaar.

Die app sal jou in staat stel om liedjies te stroom en af ??te laai terwyl jy minder data as op enige ander app vir musiekstroom gebruik.

Gebruikers kan gratis luister, maar dit sal minder funksies bevat, of vir R59,99 per maand inteken op die VIP-pakket wat gebruikers toegang tot alle funksies sal gee.

Dit sluit in ’n knoppie waarmee gebruikers hul datagebruik kan aan- en afskakel. Dit sal ook ’n verskeidenheid ander innoverende funksie onder die ‘Mods’-afdeling van die app insluit.

Funksies soos: ‘Music Guru’ sal jou musiekkennis teen ander gebruikers toets.

Die interaktiewe funksie speel ’n snit van ’n liedjie wat gebruikers binne ’n paar sekondes moet identifiseer. Die doel is dus om die hoogste telling te behaal teenoor ander gebruikers in verskillende kategorieë.

Met die Radio-funksie van die musiekprogram kan gebruikers nuwe snitte vind om te deel. Die funksie bied ’n ononderbroke luisterervaring wat gebruikers in staat stel om nuwe musiek te ontdek, in ooreenstemming en relevant met musiek waarvan hulle hou.

Die Flock-funksie stel gebruikers in staat om saam lyste te skep vir hul volgende groot gebeurtenis.

Sover is die app nog net op die Huawei AppGallery en die Google Play Store beskikbaar.

Meer oor:  Musiek  |  Apps  |  Stroomdiens  |  Telkom  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.