Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Stuur só geld na jou huis- of tuinwerker se selfoon
Dit is deesdae baie maklik om geld na iemand se selfoonnommer te stuur. Foto: Unsplash

Banke en ander finansiële instellings gaan tydens die nasionale staat van inperking in bedryf bly, het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig.

Dit beteken dat Suid-Afrikaners steeds geld by kitsbanke en supermarkte sal kan onttrek.

As jy jou huiswerker, tuinwerker of enige ander persoon in dié tydperk wil betaal, maar hulle beskik nie oor ’n eie bankrekening nie, kan jy geld na hul selfoon stuur sodat hulle dit later by ’n kitsbank of supermark kan onttrek.

Hoewel die finale lys van noodsaaklike dienste in die land nog nie gepubliseer is nie, word huiswerkers nie as ’n noodsaaklike diens beskou nie. Die enigste uitsondering is werkers wat siek en bejaarde mense versorg.

Let daarop dat jou bank ’n tarief hef om geld na ’n selfoonnommer te stuur, maar in die meeste gevalle is die onttrekking van die geld gratis vir die ontvanger.

Hier is die stappe wat jy moet volg vir elk van die vyf groot handelsbanke om geld na ’n selfoonnommer te stuur.

Absa

Wat jy moet doen:

As Absa-kliënt kan jy geld na enige selfoonnommer stuur met die bank se app of via aanlyn bankdienste of selfoonbankdienste.

Die diens staan as CashSend bekend.

Sodra jy aangemeld is op jou bankprofiel, gaan na “Payments”. Kies “Pay” en “CashSend Payment.”

Kies die rekening waaruit jy die betaling wil maak en die bedrag wat jy wil stuur.

Tik die ontvanger se selfoonnommer in.

Skep ’n unieke kode van ses syfers wat jy aan die ontvanger gaan gee sodat hy of sy die geld kan onttrek.

Die persoon sal ’n afsonderlike verwysingsnommer per SMS ontvang.

Wat die ontvanger moet doen:

Die persoon wat jy wil betaal, kan enige kitsbank van Absa besoek wat CashSend-fasiliteite bied (dit sal op die kitsbank aangedui word) om die geld te onttrek.

Sonder om ’n kaart in te voeg, kies “CashSend” en dan “CashSend Withdrawal”.

Tik die verwysingsnommer in wat per SMS ontvang is.

Tik die sessyferkode in.

Die geld kan dan onttrek word.

Capitec

Wat jy moet doen:

Capitec bied die opsie om geld aan enige selfoonnommer te stuur, waarna die persoon dit by Shoprite, Checkers of Usavekan onttrek.

In die Capitec-app, gaan na “Transact”. Kies “Send Cash” en tik jou unieke PIN in.

Kies uit watter rekening jy die geld wil stuur, en die bedrag. Skep ’n unieke PIN wat die ontvanger gaan gebruik om die geld te onttrek.

Sodra jy die bepalings en voorwaardes aanvaar het, sal jy ’n verwysingsnommer per SMS ontvang.

Stuur daardie nommer na die ontvanger. In ’n afsonderlike SMS stuur ook die unieke PIN wat jy geskep het.

Wat die ontvanger moet doen:

Die persoon wat die betaling ontvang kan die kontant by enige Shoprite, Checkers of Usave onttrek.

Hulle moet ’n geldige bewys van identiteit saamneem na die kiosk.

Die kassier sal vra vir die verwysingsnommer, die persoon se naam en selfoonnommer. Daarna word die unieke PIN ingetik. Sodra al die inligting bevestig is, word die geld uitbetaal.

Daar is heelwat dienste beskikbaar om mense sonder 'n bankrekening te kan betaal.

FNB

Wat jy moet doen:

FNB se eWallet-funksionaliteit is baie eenvoudig om te gebruik.

Meld eenvoudig aan op jou aanlyn bankdienste of in die app.

Kies die opsie “Send Money”. Kies of dit ’n eenmalige betaling of gereelde betaling is. Tik die selfoonnommer van die ontvanger in. Tik die bedrag in wat jy moet betaal en kies die rekening waaruit die betaling moet geskied.

Bevestig die betaling deur jou PIN in te tik en klik op die opsie om die kitsbank-kode na die ontvanger se selfoon te stuur sodat hy die geld kan onttrek.

Die persoon sal ’n SMS ontvang met die stappe wat hy moet volg.

Wat die ontvanger moet doen:

Die ontvanger sal ’n SMS ontvang met ’n unieke PIN wat vir vier uur geldig is.

Dit beteken hy of sy moet die kontant binne vier uur by enige kitsbank van FNB onttrek.

By die kitsbank, kies “Cardless Services”. Kies “eWallet Services” en tik jou selfoonnommer in.

Tik die PIN in wat jy per SMS ontvang het.

Daarna kan jy die kontant onttrek.

Jy kan ook kontant by sommige Spar-winkels onttrek. Die kassier sal vir jou selfoonnommer vra en daarna die unieke PIN.

Nedbank

Wat jy moet doen:

Nedbank-kliënte kan ook geld na enige persoon met ’n geldige selfoonnommer stuur.

Die diens, bekend as Send-iMali, is beskikbaar op die bank se aanlyn bankdienste sowel as op sy app.

Sodra jy aangemeld het, kies “Pay” en dan “Single payment.”

Onder “What are you paying to?” kies “Cellphone”.

Tik die persoon wat jy wil betaal se naam en selfoonnommer in.

Kies uit watter bankrekening die geld oorbetaal moet word.

Bevestig die transaksie en laat weet die persoon die geld is aan hom of haar oorbetaal.

Wat die ontvanger moet doen:

Om die geld te onttrek, moet die ontvanger *120*001# vanaf sy/haar selfoon skakel.

Kies opsie 3, “Nedbank Send-iMali”. Kies daarna opsie 1, “Withdraw Money”.

Die betrokke selfoonnommer is reeds geregistreer as ’n ontvanger van die geld. Die bedrag wat beskikbaar is, sal nou vertoon word.

Kies die betrokke bedrag (opsie 1) en stuur.

Bevestig jy wil die geld onttrek. Daarna sal ’n unieke PIN na jou selfoonnommer gestuur word wat jy by ’n kitsbank van Nedbank kan gebruik om die geld te onttrek.

Let wel, die PIN is net geldig vir twee uur.

By die kitsbank, kies “Cardless transactions” en dan die Nedbank Send-iMali-opsie en volg die instruksies.

Nedbank bied verligting aan kliënte wat in hierdie “ongekende tye” nie hul skuld kan terugbetaal nie. Foto: Getty Images

Standard Bank:

Wat jy moet doen:

Binne die bank se app of op sy aanlyn bankdienste, gaan na “Pay” en kies dan die opsie “Instant Money.”

Kies “Send voucher” en tik dan die ontvanger se selfoonnommer in en skep ’n unieke PIN.

Tik jou eie verwysing by vir die transaksie, kies uit watter bankrekening die geld onttrek moet word, sowel as die bedrag.

Bevestig die transaksie.

Wat die ontvanger moet doen:

Die persoon wat die geld ontvang, sal instruksies per SMS ontvang oor hoe om dit te onttrek.

Die geld kan by enige kitsbank van Standard Bank onttrek word, sowel as by sekere supermarkte, insluitende Spar.

Om die geld te onttrek sal jy die verwysingsnommer en unieke PIN benodig.

Jy kan ook vir die diens registreer deur *120*212# te bel.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Betalings  |  Bankbedryf  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.