Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
SuperSport, SAUK kom ooreen oor uitsaairegte
Suid-Afrikaners sal vir die volgende vyf jaar PSL-sokkerwedstryde gratis op die SAUK-kanale kan kyk.Foto: Getty Images

SuperSport, deel van MultiChoice, en die SAUK het ’n ooreenkoms beklink oor die uitsaairegte van sekere sportgebeure.

Daarvolgens sal die SAUK vir die volgende vyf jaar Premierliga-sokkerwedstryde gratis op sy kanale kan uitsaai om so te verseker die openbare uitsaaier “voldoen aan sy mandaat om in die belang van Suid-Afrikaners op te tree op die gebied van sport”.

Die SAUK het die nuus Vrydag in ’n verklaring aangekondig.

Die aard van die ooreenkoms tussen die betaaltelevisiediens en die SAUK is nie bekendgemaak nie.

’n Soortgelyke ooreenkoms is ook vroeër aangegaan waarvolgens die nasionale uitsaaier “sommige” van die wedstryde van die afgelope Wêreldbeker-krieket kon uitsaai waarvoor SuperSport ook die uitsaairegte in Suid-Afrika besit het.

MultiChoice wou destyds nie ’n woord rep oor of die SAUK, wat sukkel met ernstige geldelike probleme, enigsins vir die uitsaairegte betaal nie.

Madoda Mxakwe, groephoof van die SAUK, beskryf wel die jongste ooreenkoms as “kommersieel lewensvatbaar” en in pas met die openbare uitsaaier se doelwit om geldelik volhoubaar te wees.

Vrydag se aankondiging het wel net betrekking op die uitsaairegte van PSL-sokkerwedstryde. Moontlike onderhandelinge oor uitsaairegte van ander sportsoorte is nog nie deur SuperSport of die SAUK aangekondig nie.

Meer oor:  Supersport  |  Sauk  |  Multichoice  |  Uitsaairegte  |  Sport  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.