Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Survé se AEEI waarsku oor swak resultate
Dr. Iqbal SurvéFoto: Argief

African Equity Empowerment Investments (AEEI), een van die maatskappye wat deel vorm van dr. Iqbal Survé se sakeryk, het ’n mistroostige halfjaar agter die rug.

Die maatskappy waarsku Donderdag in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat sy verdienste per aandeel tussen 73% en 93% laer gaan wees in die halfjaar tot einde Februarie as in die ooreenstemmende halfjaar. Hy verwag dit gaan in die halfjaar onder oorsig tussen 4,74c en 19,69c beloop.

Hy verwag dat sy wesensverdienste per aandeel tussen 20% en 40% laer gaan wees op tussen 10,53c en 14,06c.

Die maatskappy stel dit duidelik dat die jongste syfers vergelyk word met syfers wat heruitgereik is vir die halfjaar tot einde Februarie 2019. Die syfers vir die halfjaar tot einde Februarie 2018 is ook aangepas.

Dit kom nadat sekere rekeningkundige ongerymdhede in Ayo Technologies, waarin AEEI ’n belang van 49,3% besit, se syfers vir dié jare aan die lig gekom het. Ook dié syfers is hersien.

Die JSE het in April 2019 op van die openbare sittings van die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie, opdrag gegee dat Ayo ’n ouditmening van sy eksterne ouditeure oor die halfjare tot einde Februarie 2018 en einde Februarie 2019 moet kry.

LEES OOK: Survé se Ayo reik uiteindelik hersiene resultate uit

AEEI sê aangesien hy ’n groot aandeelhouer in Ayo is, gaan dié se hersiene resultate noodwendig ’n invloed op hom hê.

“AEEI het rekeningkundige foute en klassifikasie-aanpassings geïdentifiseer uit die geouditeerde tussentydse resultate van Ayo. Dit vereis ’n terugwerkende hersiening van die tussentydse state van AEEI vir die tydperke geëindig 28 Februarie 2019 en 28 Februarie 2018,” lui die verklaring.

“Dié aanpassing het ’n invloed gehad op die state van wins/verlies, ander omvattende inkomste, finansiële posisie en kontantvloei. Hierdie invloed sal breedvoerig uiteengesit word in die tussentydse ongeouditeerde finansiële resultate vir die tydperk geëindig 29 Februarie 2020.”

Die maatskappy sê hy sal dié resultate op Maandag 15 Junie bekend maak.

AEEI het Donderdag onveranderd teen 79c op die JSE verhandel.

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Aeei  |  Obk  |  Ayo  |  Iqbal Survé
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.