Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Swak slimfoon-verkope knou tegnologie-reuse

Die wêreld se grootste mikroskyfievervaardiger, Taiwan Semiconductor Manufacturing Company (TSMC), verwag in die eerste kwartaal die grootste daling in sy kwartaalinkomste in ’n dekade weens die kwynende vraag na slimfone.

Mark Liu, voorsitter van TSMC, in 2018 op ’n konferensie vir halfgeleiervervaardigers in Taipei, Taiwan. Foto: Getty Images

TSMC se grootste klante sluit in Apple, Qualcomm en Huawei, wat saam die meeste van die wêreld se slimfoon-mikroskyfies aankoop en benut.

TSMC se voorraadsyfers is dus ’n barometer van die internasionale tegnologie-vraag.

TSMC het Donderdag gesê in ’n skielike daling in slimfoonverkope het daartoe gelei dat sy voorraad opgebou het. Swak aanvraag sal druk op verkope plaas totdat slimfoonvervaardigers hul nuwe modelle in die tweede helfte van die jaar bekend stel.

“Die voorraad in die verskaffingsketting is nogal hoog,” het Mark Liu, voorsitter van TSMC, op ’n beleggerskonferensie gesê.

TSMC se pessimistiese vooruitsigte voorspel niks goed vir sy eweknieë en verskaffers soos Intel, Nvidia en ASML nie, wat al drie binne die volgende paar weke hul jongste syfers bekend maak.

Aandele in Europese mikroskyfievervaardigers het Donderdag getuimel nadat TSMC sy vooruitsigte bekend gemaak het, met Siltronic 6% laer en STMicroelectronics 3% laer.

Beleggers is reeds bekommerd oor die vooruitsigte vir tegnologiemaatskappye ná waarskuwings van Samsung en Apple, wat vroeër vandeesmaand sy verkope-voorspelling vir die eerste kwartaal verlaag het weens die swak vraag na iPhones in China.

Beleggers is reeds bekommerd oor die vooruitsigte vir tegnologiemaatskappye ná waarskuwings van Samsung en Apple, wat vroeër vandeesmaand sy verkope-voorspelling vir die eerste kwartaal verlaag het weens die swak vraag na iPhones in China.

TSMC voorspel ’n 14%-daling in sy inkomste in die eerste kwartaal. Dit stel die grootste kwartaaldaling in die vooruitsig sedert die eerste kwartaal van 2009 toe sy inkomste met 54% in Taiwanse dollar gedaal het.

Vir die hele jaar verwag TSMC inkomstegroei van tussen 1% en 3%; minder as die helfte van 2018 se 6,5%.

Hy gaan dus heelwat minder belê as wat hy voorheen beplan het.

“Weens die trae makro-ekonomiese vooruitsigte vir 2019, gaan ons vanjaar se kapitaalbesteding met ’n paar honderdmiljoen dollar tot tussen $10 miljard en $11 miljard besnoei,” het Lora Ho, TSMC se finansiële hoof, gesê.

Die marknavorser Canalys raam dat slimfoon-verskepings na China – die wêreld se grootste slimfoonmark – verlede jaar 12% laer was. Die verwagting is dat dit vanjaar met nog 3% gaan daal sodat dit vir die eerste keer sedert 2014 onder 400 miljoen is.

In die drie maande tot einde Desember het TSMC se inkomste slegs met 2% gegroei tot $9,4 miljard, in pas met ontleders se verwagting.

TSMC se aandeelprys het sedert die aankondiging Donderdag met 0,5% gedaal. – Reuters

Meer oor:  Samsung  |  Intel  |  Apple  |  Huawei  |  China  |  Taiwan  |  Tegnologiemaatskappye  |  Slimfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.