Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Swart Vrydag: Aanlyn was (is) die plek om te koop

Swart Vrydag was grotendeels ’n mislukking vanjaar, maar e-handelaars het koning gekraai en Suid-Afrikaners raak al meer gemaklik met digitale betalingsmetodes.

D

Swart Vrydag het grootliks klein transaksies opgelewer - met enkele uitsonderings. Foto: istock

ie DPO Groep, ’n betalingsdiensverskaffer, sê transaksies deur middel van sy PayGate-stelsel het met 40% toegeneem teenoor ’n jaar gelede oor die Swart Vrydag-naweek.

“Ons het geen van die groot eenmalige stygings in transaksies gesien wat ons in vorige jare gesien het nie. Die meer volgehoue verkeer was waarskynlik ’n reaksie op kleinhandelaars wat weggeskram het van die groot afslagaanbiedings van vorige jare,” sê Peter Harvey, besturende direkteur van DPO Suid-Afrika.

“Die goeie nuus is dat ons ’n duidelike toename in verbruikers gesien het wat vir die eerste keer aanlyn gekoop het, wat beteken dat ons handelaars ’n groter potensiële mark het om voor die feestyd te bereik.”

Volgens DPO is e-handelaars nou baie goed geposisioneer om beter afslag aan te bied oor die feestydperk, en dít is dan ook waarskynlik waar Suid-Afrikaners die beste winskopies sal kan vind in die weke wat kom.

Die gemiddelde waarde van transaksies oor die Swart Vrydag-naweek was laer as vorige jare, sê DPO, maar die getal digitale transaksies was wel meer.

Per minuut was transaksies oor die PayGate-stelsel 25% meer as verlede jaar. Volgens Harvey is dit aangedryf deur meer kleiner transaksies.

R437 568 vir ’n vakansie

Daar was wel een uitskieter: ’n transaksie van R437 568. Volgens DPO was dit vir ’n toerismeverwante aankoop.

“Op gemiddeld het ons gesien dat die volumes van transaksies vier keer meer was as op ’n normale dag van handel.”

DPO lig dit uit dat daar nie vanjaar soos in vorige jare soveel middernag-winskopies aan die begin van Swart Vrydag was nie. Dit het daartoe gelei dat mense meer eweredig oor die naweek hul inkopies aanlyn gedoen het.

Maar dit wys ook dat daar groot druk is op verbruikers en dat daar nie genoeg afslag beskikbaar was op sekere items om dit te regverdig om so laat wakker te bly nie.

Eerstekeerkopers aanlyn het tog noemenswaardig gestyg.

Die aantal bankkaarte wat vir die eerste keer gebruik is om aanlyn inkopies te doen, het met 26% gestyg oor die Swart Vrydag-naweek.

“Die herlewing van die Covid-19-bedreiging lok mense natuurlik om vanjaar eerder aanlyn hul inkopies te doen. Dit beteken dat Suid-Afrika nou meer selfversekerde aanlyn kopers het, wat beteken dat e-handelaars in die komende weke meer kopers sal hê om te kan bereik,” sê Harvey.

Meer oor:  Kleinhandel  |  E-Handel  |  Tegnologie  |  Swart Vrydag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.