Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Systap dié foefies op Swart Vrydag
Swart Vrydag is ’n baie gewilde inkopiedag wêreldwyd. Foto: Unsplash

Winskopiejagters se gunstelingdag is weer op hande. Oor net minder as drie weke bestorm Suid-Afrikaners weer kettingwinkels van die Kaap tot in Keimoes en woord aanlyn handelaars oorval met bestellings.

Wees egter versigtig: Swart Vrydag en Kuber Maandag skep ’n teelaarde vir skelms om kopers met ’n slap riem te probeer vang.

Kopers moet veral op hul pasoppens wees vir aanbiedinge wat so fantasties lyk dat hulle nie die gevaartekens sien dat iemand hulle probeer indoen nie, waarsku Simeon Tassev, besturende direkteur by die databestuursmaatskappy Galix.

Die snel pas waarteen kopers naarstig probeer om die een winskopie ná die ander op te raap voordat ’n produk uitverkoop is, maak dit ook makliker om vir foefies te val.

Waarop moet jy let?

Moenie net blindelings ’n aanbod glo wat jy per e-pos ontvang in die dae voor Swart Vrydag nie.

Kubermisdadigers gaan hierdie tyd uitbuit om kopers met sogenaamde uitvissing-e-posse, oftewel phising, te probeer uitoorlê.

Hierdie tipe e-posse lyk asof dit van ’n gerespekteerde handelaar soos Takealot afkomstig is, maar is eintlik deur ’n boosdoener geskep.

Gaan daarom altyd self na die webadres van die betrokke handelaar en moet nóóit op skakels in sulke advertensie-e-posse klik nie.

Selfs al navigeer jy self na die betrokke handelaar se webwerf, moenie net links en regs jou kredietkaartbesonderhede invoeg alvorens jy seker maak die verbinding is veilig nie.

Maar dus seker die handelaar se webadres word vergesel van die ikoon van ’n klein, groen slot. Dit beteken dié blad is veilig en dat jou data gekodeer word voordat dit oor die internet gestuur word.

Moet nooit jou kredietkaartbesonderhede per e-pos aan iemand stuur om iets namens jou te bestel nie. Voeg dit eerder self in op enige webwerf waar jy iets bestel.

Wees ook versigtig vir versteekte koste op Swart Vrydag. Moenie halsoorkop iets koop nie, want handelaars smous dikwels ou voorraad op hierdie groot dae waarvan hulle net ontslae wil raak.

Beplan vooraf en kyk na die pryse van produkte wat jy graag wil hê vóór Swart Vrydag sodat jy weet of die handelaar nie dalk die “afslagprys” in der waarheid opgestoot eerder as verlaag het nie.

Pasop ook vir vals promosies waar geweldige afslag op spesifieke produkte geadverteer word, maar die promosie bestaan nie werklik nie.

Dis eenvoudig ’n manier om voete oor die drumpel te kry.

Meer oor:  Takealot  |  Kuber Maandag  |  Tegnologie  |  Swart Vrydag  |  Slenter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.