Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Takealot bly oop, maar net vir kos en toiletware
e-handel
Pakkies word reggemaak vir versending in Takelalot se pakhuis in Kempton Park.

Takealot sê hy sal gedurende die staat van inperking net artikels aflewer wat deur die regering as noodsaaklik beskou word.

Dit sluit in enige kosprodukte, insluitend koeldrank, dierekos, skoonmaakmiddels, toiletpapier, sanitêre doekies en tampons, kondome, handreiniger, seep en ander chemikalieë.

Takealot verkoop verskeie soorte droëkos-produkte, koffies, tee, langlewemelk, sowel as handwasmiddel, in grootmaat.

Hierdie artikels sal steeds tydens die staat van inperking bestel en afgelewer kan word.

Maar kopers sal verbied word om enige ander nienoodsaaklike artikels in hierdie tyd aan te skaf.

Takealot laat tans geen nuwe bestellings toe nie alvorens hy sy webwerf aanpas sodat kopers net noodsaaklike artikels en niks anders nie kan bestel.

Die e-handelaar het nog geen aanduiding gegee of hy nienoodsaaklike artikels, wat voor die staat van inperking bestel is, steeds sal aflewer nie.

Woolworths het by navraag gesê mense sal steeds klere en ander nienoodsaaklike artikels op sy webwerf kan bestel tydens die staat van inperking, maar dat hierdie artikels eers ná die 21 dae afgelewer sal word.

Meer oor:  Woolworths  |  Takealot  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  E-Handelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.