Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Takealot gaan wel miljoene hoes vir duur TV’s
Die Springbokspan vier hul oorwinning saam met pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

Takealot het Saterdag bevestig hy gaan bykans 400 Suid-Afrikaners nóg gelukkiger maak nadat die Springbokrugbyspan in die Wêreldbekereindstryd geseëvier het.

Die e-handelaar het voor en tydens die toernooi ’n spesiale aanbod gehad waarvolgens kopers van sekere Samsung-televisies die volle koopbedrag sou terugkry sou die Springbokke wen.

Die totale waarde van die televisies beloop R3,8 miljoen.

Julie-Anne Walsh, hoofbemarkingsbestuurder by Takealot, het Saterdag kort na afloop van die eindstryd laat weet die e-handelaar gaan sy belofte gestand doen: die kopers van die televisiestelle kry eersdaags al hul geld terug.

Die Bokke het Saterdag die Engelse Rose met 32 punte teenoor 12 geklop.

Meer oor:  Samsung  |  Takealot  |  Aanlyn  |  Tegnologie  |  Internet  |  E-Handel  |  Kleinhandelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.