Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Takealot moet dalk ook vir 3 weke sluit

Takealot weet nog nie hoe sy bedrywighede deur die landwye staat van inperking geraak gaan word nie.

Dit beteken die aanlyn winkel kan nie met sekerheid sê of hy enige goedere gedurende die 21-dae-tydperk sal mag aflewer nie.

“Ons glo dat ons ’n belangrike rol in hierdie tyd in die lewe van Suid-Afrikaners vervul en hoop dat die owerhede met ons saamstem,” sê Takealot in ’n kennisgewing op sy sosialemediablaaie.

Netwerk24 het Takealot om kommentaar genader, maar nog geen terugvoering ontvang nie.

Ingevolge wetgewing mag net noodsaaklike ondernemings gedurende die staat van inperking oop bly. Dit sluit ondernemings in wat basiese voedselsoorte en ander noodsaaklikhede soos medisyne verkoop.

Kosafleweraars soos Uber Eats en Mr D Food (wat aan Takealot behoort) sal nie gedurende die staat van inperking mag sake doen nie. Alle restaurante, kafees, kroeë en koffiewinkels moet ook sluit, het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, Dinsdag aangekondig.

LEES OOK: Ja, alle restaurante (en afleweraars) moet óók sluit

Takealot beskou wel sy diens as belangrik omdat hy noodsaaklike goedere veilig by Suid-Afrikaners aflewer, sê hy.

Die regering het nog nie sy amptelike lys van noodsaaklike dienste gepubliseer nie, so dit bly nog onseker of Takealot sal mag sake doen.

Meer oor:  Takealot  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Maatskappye  |  Aflewering  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.