Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tatta, WhatsApp, as jy ’n ou iPhone het

As jou iPhone ouer is as tien jaar, gaan jy binnekort jou toegang tot WhatsApp verloor.

Ouer iPhone-modelle sal nie meer WhatsApp kan gebruik nie. Foto: Unsplash

Dit kom nadat WhatsApp, wat deur Facebook besit word, ’n opgradering vir die kletsapp bekend gestel het.

Die opgradering – weergawe 2.21.50 – is reeds beskikbaar in die App Store vir iOS-gebruikers, maar dis ’n terugslag vir mense wat nog ou iPhones het.

Steun vir alle bedryfstelsels ouer as iOS9 word laat vaar,

het WABetainfo, ’n onafhanklike WhatsApp-nuusblad, in ’n twiet gesê.

Dit beteken gebruikers met iPhone 4 of ouer weergawes sal nie meer toegang tot die app hê nie. Die iPhone 4 is in 2010 uitgereik en kan nie na iOS9 opgegradeer word nie.

Mense met ’n iPhone 4S, 5, 5S, 5C, 6 en 6S sal hul bedryfstelsel na iOS 9 of later moet opgradeer om WhatsApp te behou.

Dis nie ongewoon vir WhatsApp en ander maatskappye om op te hou ondersteuning bied vir apps op ouer modelle slimfone nie.

WhatsApp maak elke jaar bekend dat gebruikers die app met die nuutste Android- of iOS-bedryfstelsel moet gebruik om dit ten volle te benut.

Meer oor:  Apple  |  Whatsapp  |  Kletsapps  |  Kletsdiens  |  Slimfone  |  Ios  |  Iphone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.