Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Taxify brei uit na nóg twee SA stede
Taxify is in vyf Suid-Afrikaanse stede beskikbaar met ’n sesde stad wat aan die einde van die maand bygevoeg gaan word.Foto: Getty Images

Taxify gaan sy dienste na nog twee Suid-Afrikaanse stede uitbrei.

Inwoners van Polokwane in Limpopo kon reeds sedert Woensdag ’n saamrygeleentheid met die Taxify-app bestel, terwyl inwoners van Oos-Londen teen die einde van die maand dieselfde sal kan doen.

Taxify doen reeds sake in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Port Elizabeth.

Met die toevoeging van Oos-Londen en Polokwane het Taxify nou ’n teenwoordigheid in meer Suid-Afrikaanse stede as enige ander land ter wêreld waar hy sake doen.

Gareth Taylor, bestuurder van Taxify in Suid-Afrika, sê die diens het na die stede uitgebrei omdat marknavorsing wys daar is genoeg van ’n behoefte.

Volgens hom was Taxify sover “ongelooflik suksesvol” in elke stad in Suid-Afrika waar dit sake doen.

Dié app-gegronde taxidiens is Uber se grootste mededinger in Suid-Afrika, maar speel steeds tweede viool teenoor daardie taxidiens wat self in vyf Suid-Afrikaanse stede beskikbaar is.

Taxify is in 2013 deur Markus Villig (19) van Estland gestig. Die maatskappy het in Mei $175 miljoen se finansiering ontvang om na nog wêreldstede uit te brei. Taxify is in 29 lande beskikbaar.

Meer oor:  Uber  |  Taxify  |  Oos-Londen  |  Polokwane  |  Taxidiens  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.