Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Taxify kry $175 m. – kom dalk na nog SA stede
Die taxidiens Taxify is tans in Durban, Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth bedrywig, en wil na nóg stede uitbrei.

Die app-gegronde taxidiens Taxify, Uber se grootste mededinger in Suid-Afrika, het pas $175 miljoen se finansiering ontvang om sy sake na nog wêreldstede uit te brei.

Dié diens sê reeds ’n geruime tyd die markleier, Uber, die stryd aan in verskeie Suid-Afrikaanse stede, insluitende Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Daar word gehoop dat die jongste finansiering sal help dat Taxify ook na kleiner Suid-Afrikaanse stede soos Bloemfontein, Polokwane en Oos-Londen kan uitbrei. Taxify het in November ook in Port Elizabeth begin sake doen.

Daimler, die moedermaatskappy van Mercedes-Benz, het die grootste bydrae tot die onlangse belegging van meer as R2 miljard in Taxify gemaak. Dié maatskappy belê al ’n geruime tyd in verskillende taxidienste en in ondernemings wat tegnologie vir selfbesturende motors ontwikkel.

Daimler sal ook verteenwoordiging op Taxify se direksie kry.

“Taxify het eksponensieel gegroei in Suid-Afrika sedert ons in 2016 hier begin sake doen het,” sê Gareth Taylor, die maatskappy se plaaslike bestuurder.

Kliënte het al meer as ’n 100 miljoen kilometer binne Suid-Afrika se grense met Taxify afgelê, sê Taylor.

“Dié nuwe belegging maak ons opgewonde, want dit gaan verdere momentum gee aan ons pogings om ons platform na meer bestuurders en meer passasiers uit te brei.”

Taxify is in 2013 deur die 19-jarige Markus Villig van Estland gestig. Die diens doen tans in 25 lande sake, maar nie in Amerika waar Uber die grootste taxidiens is nie.

Meer oor:  Uber  |  Mercedes Benz  |  Taxify  |  Tegnologie  |  Taxidiens  |  Belegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.