Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Te besig vir sy $28 m.-vlug na die ruimte

Die koper van ’n sitplek op Jeff Bezos se ruimtevlug is te besig om te gaan en nou gaan die 18-jarige Oliver Daemen in sy plek.

As Blue Origin prepares to fly people on its New S
Jeff Bezos maak gereed om vir die eerste keer met Blue Origin mense na die ruimte te neem.

Deamen sal die jongste mens wees wat nog na die ruimte vlieg wanneer hy op 20 Julie saam met Bezos die eerste bemande vlug deur Bezos se ruimtemaatskappy, Blue Origin, onderneem.

Daemen vlieg in die plek van ’n anonieme bieër wat sy plek op die vlug met ’n bod van $28 miljoen op ’n veiling verseker het.

Volgens die BBC kan die oorspronklike persoon nou nie meer die vlug meemaak nie “weens ’n skedule-botsing”.

Daemen het ’n plek op die tweede vlug gehad, maar is nou eerste. Dit is nie bekend wat sy kaartjie kos nie.

Die tiener, ’n fisikastudent, is die seun van Joes Daemen, uitvoerende hoof van Somerset Capital Partners.

Wally Funk (82) gaan ook saam. Hy sal die oudste mens tot nog toe in die ruimte wees. Bezos en sy broer, Mark, is die ander passasiers aan boord van die New Shepard.

Daar word gesê die vlug sal ’n lewenslange droom bewaarheid van die tiener, “wat sedert sy vierde jaar gefassineer is deur die ruimte, die maan en vuurpyle”.

Die maatskappy gaan die tuig tot meer as 100 km (62 myl) bo die aardoppervlak opstuur sodat die insittendes mikro-swaartekrag kan ervaar.

Die kapsule sal dan met behulp van valskerms na die aarde terugkeer. Dit sal sowat 10 minute duur.

Reise na die ruimte raak nou al hoe moontliker vir gewone mense. Sir Richard Branson van Virgin Galactic het onlangs ’n soortgelyke ervaring aangebied.

LEES OOK: Vlug ruimte toe wag op Branson se tuig

Die wenner en ’n maat sal vroeg volgende jaar saam met Branson na rand van die ruimte reis.

Meer oor:  Ruimte  |  Blue Origin  |  Jeff Bezos  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.