Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Te min tyd,’ sê netwerke oor nuwe datareëls
'n Slimfoon kan baie data verbruik indien jy nie versigtig is nie. Foto: Unsplash

Diensverskaffers meen die maand wat die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) gee om aan nuwe dataregulasies te voldoen, is nie naastenby genoeg nie.

Daarvolgens moet ’n gebruiker eers pertinent toestemming gee voordat buitebondeltariewe gehef mag word en diensverskaffers moet gebruikers toelaat om ongebruikte data oor te dra na die volgende kalendermaand.

Okosa het die nuwe regulasies einde April aangekondig en op 7 Mei in die Staatskoerant gepubliseer. Daarvolgens word diensverskaffers 30 dae gegun om daaraan te voldoen. Die sperdatum is 8 Junie.

“Dié tydperk is nie haalbaar nie, selfs met die beste bedoelings,” sê Graham Mackinnon, Cell C se regshoof.

Hy sê Cell C is besig om te bepaal wat die nuwe regulasies op ’n tegniese vlak benodig om toegepas te word.

“Dit lyk asof Cell C reeds voldoen aan sommige van die regulasies, maar om aan almal te voldoen sal verskeie stelsels gekonfigureer en getoets moet word voordat dit toegepas kan word.”

MTN bestudeer die nuwe regulasies om te bepaal hoe om dit toe te pas, sê Jacqui O’Sullivan, ’n uitvoerende amptenaar van MTN.

“Ons ontleed die regulasies om te verstaan hoe ons die vereistes prakties kan toepas.”

’n Woordvoerder vir Telkom sê hy doen alles moontlik om die nuwe regulasies teen die sperdatum te kan toepas, “hoewel daar verskeie produkte en stelsels is wat daardeur beïnvloed word”.

Vodacom beplan ook om voor 8 Junie sy stelsels aan te pas om aan die nuwe regulasies te voldoen.

Nie een van die diensverskaffers wou meer besonderhede verskaf van hoe die nuwe regulasies hul stelsels op ’n tegniese vlak beïnvloed of watter veranderinge gebruikers ná die sperdatum gaan sien nie.

Meer oor:  Okosa  |  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Tegnologie  |  Diensverskaffer  |  Datakoste  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.