Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Teams: Raad aan onnies, leerlinge wat skoolgaan

Oor Suid-Afrika heen het leerlinge vandeesweek begin terugkeer na die skoolboeke. Maar weens die staat van inperking is studeerkamers en eetkamertafels byna oornag in klaskamers omskep omdat fisieke skole steeds gesluit is.

sakrekenaar
Vergeet van pen en papier. Met Teams kan onderwysers opdragte aan leerlinge gee wat dit weer deur middel van Teams inhandig. Foto: Pixabay

Ouers en leerlinge moes inderhaas vertroud raak met nuwe apps en dienste soos Google Classroom en Microsoft Teams sodat opvoeding in isolasie kan voortgaan.

Ouers wonder dalk hoe onderwysers sonder fisieke klaskamers sal kan sien of leerlinge aandag gee of verstaan wat aan hulle verduidelik word.

Hoe sal kinders met hul onderwysers en medeleerlinge kan kommunikeer sonder dat dit in ’n chaos ontaard?

Hier is ’n lys van dinge wat ouers, onderwysers en leerlinge moet weet om klasloop oor Microsoft Teams so maklik as moontlik te maak.

  

Wat ouers moet weet van Microsoft Teams

  
Microsoft Teams kan enige leefvertrek in ’n virtuele klaskamer omskep. Foto: Getty Images

Microsoft Teams is deel van Office 365 en is gratis vir skole om te gebruik.

Dit is ’n enkele app waarop ’n groep mense kan kommunikeer, lêers gestoor en maklik gedeel kan word.

LEES OOK: Is Zoom, House Party veilig om te gebruik?

Onderwysers kan opdragte via Teams aan leerlinge gee wat dit weer deur middel van Teams inhandig. Leerlinge kan ook met hul onderwyser of medeleerlinge deur Teams se kletsfunksie kommunikeer.

Teams benodig ’n sterk internetverbinding om doeltreffend te funksioneer, maar dit kan ook werk oor stadiger netwerke as bepaalde aanpassings gedoen word.

  

Hoe kry ek ’n Teams-rekening vir my kind?

  

Teams is gratis beskikbaar vir skole en universiteite. Jou kind se skool moet ’n Teams-rekening gaan skep waarna uitnodigings aan leerlinge en/of hul ouers gestuur kan word.

Jou kind se skool moet ’n Teams-rekening gaan skep waarna uitnodigings aan leerlinge en/of hul ouers gestuur kan word.

Onderwysers kan virtuele klaskamers skep, opdragte uitdeel en regstreeks met leerlinge kommunikeer.

As jou kind se skool Teams gebruik tydens die staat van inperking, sal jy ’n kennisgewing daaroor per e-pos ontvang. Dit sal die nodige instruksies bevat oor hoe om ’n rekening vir jou kind of kinders te skep.

   

Is dit beter om Teams op ’n slimfoon of skootrekenaar te gebruik?

  

Teams is op verskillende toestelle beskikbaar en dit maak nie saak watter een gebruik word nie. Dit maak dit veral nuttig as daar meer as een leerling in ’n huishouding is sodat een kind ’n slimfoon kan gebruik en die ander ’n skootrekenaar.

  

Wat onderwysers moet weet van Microsoft Teams

  

Teams as hulpmiddel vir opvoeders is ontwerp om onderwysers by te staan en hul virtuele klaskamer doeltreffend te bestuur.

Onderwysers kan die klank van leerlinge wat onvanpas optree of luidrugtig is, se mikrofone afskakel. Onderwysers bly ook in beheer van gesprekke op Teams se kletskanale en kan boodskappe daar modereer soos nodig.

Rugsakke hoef vir eers nie gepak te word nie... Foto: iStock

Die onderwyser kan ook tydens ’n videogesprek leerlinge as sprekers aanwys om te keer dat leerlinge oor mekaar praat of sukkel om ’n spreekbeurt te kry.

Voorleggings soos op PowerPoint kan ook binne Teams gedeel word sodat dit, eerder as ’n video van die onderwyser wat praat, op leerlinge se skerms verskyn.

Teams gaan ’n leerskool wees vir sowel onderwysers as leerlinge, daarom is dit belangrik dat onderwysers geduldig bly en leerlinge wat sukkel om die tegnologie baas te raak, bystaan.

Laat leerlinge toe om teen hul eie pas te werk. Dalk moet ’n leerling ’n skootrekenaar met sy ouer broer of suster deel. Verslap die spertyd van opdragte sodat leerlinge genoeg tyd het om dit te voltooi.

Moedig ook leerlinge aan om verantwoordelikheid te neem vir hul eie opvoeding. Teams maak dit maklik vir onderwysers om hulpmiddels en video’s met sy hele virtuele klas vol leerlinge te deel sodat hulle self daardeur kan gaan en opdragte voltooi.

  

Sal Teams steeds werk met ’n swak internetverbinding?

  

Teams benodig ’n betreklike sterk internetverbinding om behoorlik te funksioneer, asook heelwat beskikbare data.

Microsoft gee egter wenke aan leerlinge en onderwysers om dataverbruik te help beperk.

  • Skakel die video-funksie af as dit nie regstreeks bydra tot die les nie.
  • Neem lesse vooraf op sodat leerlinge die video’s in hul eie tyd kan kyk.
  • Hou aanhegsels klein en vra leerlinge om eerder ’n skakel na ’n voltooide opdrag te deel as om die digitale lêer op Teams te laai.
  • Teams is ook as ’n afsonderlike app op Android- en Apple-toestelle beskikbaar. Die app gebruik normaalweg minder data as die weergawe van Teams op ’n skootrekenaar.
Meer oor:  Zoom  |  Microsoft Teams  |  Microsoft  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Sosiale Media  |  Internet  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.