Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Teiken vir Vitality-lede verder verlaag
Nee, jy sal nié tydens die staat van inperking kan gaan draf nie. Foto: Unsplash

Discovery het die eindstreep nóg nader gebring vir lede van sy Vitality-program om hul weeklikse oefenteiken te behaal.

Normaalweg moet Vitality-lede 900 punte per week insamel deur hard in die gimnasium te sweet, maar te midde van die Covid-19-pandemie en die nasionale staat van inperking was die maatskappy genoop om dié teiken te verlaag.

Vitality-lede hoef nou net 300 punte per week in te samel ten einde daardie week se oefenteiken te haal, berig Business Insider.

Dit behels een harde sessie van minstens 30 minute, of drie gemagtigde sessies versprei oor drie dae van 30 minute elk.

Discovery het aanvanklik die teiken van 900 punte tot 700 verlaag.

Lede wat hul weeklikse teikens (dus 300 punte) behaal, kry die geleentheid om op die Vitality-speelbord te speel vir Discovery Miles wat verruil kan word vir onder meer vrugtedrankies en middagetes by Nu.

Dié restaurant, sowel as ander verskaffers van belonings aan Vitality-lede, sal tydens die nasionale staat van inperking gesluit wees.

Gimnasiums, parke en ander oefenplekke is ook gesluit.

Bheki Cele, minister van polisie, het Woensdag gesê mense mag ook nie tydens die staat van inperking gaan draf of met hul honde gaan stap nie.

Jy mag wel na jou naaste supermark “draf, kruip of stap” om noodsaaklike goedere te gaan koop, het ’n woordvoerder van die minister Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Meer oor:  Vitality  |  Virgin Active  |  Discovery  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Gesondheid  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.