Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telegram maak klets nog meer privaat

Telegram is vinnig besig om te verseker dat mense ewe tuis op dié kletsapp sal voel as op WhatsApp.

Telegram het in sy jongste blog aangekondig dat hy besig is om die app op te dateer met opsies vir die outomatiese verwydering van boodskappe, skakels na uitnodigings wat verval het en nuwe onbeperkte groepe.

Telegram en Signal ontvang natuurlik nuwe gebruikers as gevolg van die bohaai wat WhatsApp se privaatheidsbeleid opgeskop het.

LEES OOK: Dís wat gebeur as jy nie nuwe WhatsApp-beleid aanvaar

Hoewel die veranderinge veral gemaak word om nuwe gebruikers gerus te laat voel, beteken dit ook die app bied nou meer veiligheid en privaatheid.

Telegram wil nuwe gebruikers laat tuis voel. Foto: Unsplash

Telegram-boodskappe wat outomaties uitvee, was reeds beskikbaar, maar net in die Secret Chat-opsie. Dit sal nou met die nuwe opdatering vir iOS en Android ook die opsie byvoeg om boodskappe in enige soort klets te laat verdwyn.

Outomatiese uitvee kan binne die kletse geaktiveer word, en gebruikers kan kies tussen 24 uur of sewe dae nadat boodskappe gestuur is. Outomatiese verwydering sal egter nie elke boodskap verwyder nie; as ’n boodskap gestuur is voordat die funksie aangeskakel is, bly dit daar.

Telegram se mededingers het soortgelyke funksies: WhatsApp het dit in 2020 bekendgestel en Signal het sedert minstens 2016 verdwynende boodskappe.

Veranderige aan groepe

Telegram maak ook veranderinge aan sy groepe, wat dit moontlik maak vir die soort onmiddellike, insiggewende klankgrepe wat gewild geword het in die Clubhouse-app. Nuwe “Broadcast Groups” maak voorsiening vir ’n onbeperkte aantal lede, maar beperk die skep van boodskappe tot groepadministrateurs sodat hulle kan uitsaai.

Stemgesprekke, daarenteen, is oop vir almal in ’n uitsaaigroep, en Telegram is van mening dat die funksie ideaal is vir groot gemeenskappe.

Om te help om groepe eksklusief te hou (of vinnig te laat groei), verander Telegram uitgaande uitnodigingskakels wat ingestel kan word om te verval ná ’n sekere aantal gebruike, ’n sekere tyd of albei.

Met die nuwe uitnodigings moet groepadministrateurs beter kan modereer wie deelneem en private onderwerpe ’n bietjie meer privaat hou.

Geen kodering

Baie gebruikers het WhatsApp vir Telegram verlaat uit kommer dat Facebook hul boodskappe sou lees. Die uitbreiding van privaatheidsfunksies soos outomatiese verwydering lyk vir Telegram ’n goeie manier om die probleme te pak.

Maar selfs met nuwe privaatheidsopsies bied Telegram steeds nie ’n funksie wat baie gebruikers verwag nie: eind-tot-eind-kodering.

Alle boodskappe op Telegram is tegnies geënkripteer, maar die geheime gesprekke is die enigste wat uitsluitlik op die toestelle van die mense wat deelneem, sigbaar is. Dis ’n verskil wat volgens Telegram funksies soos die nuwe uitsaaigroepe moontlik maak, maar selfs met outomatiese verwydering kan dit ’n dealbreaker vir sekere wees.

Al die veranderinge kan op Telegram se blog gesien word.

Meer oor:  Clubhouse  |  Telegram  |  Whatsapp  |  Kletsapps  |  Sosiale Media  |  Kitsboodskapdiens  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.