Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom begin soektog na nuwe uitvoerende hoof

Sipho Maseko, Telkom se uitvoerende hoof, tree oor ’n jaar af.

Die maatskappy het die mark Vrydag ingelig dat Maseko op 30 Junie 2022 uit dié pos en as uitvoerende direkteur van Telkom en sy filiale sal tree.

Sipho Maseko, Telkom se grootbaas. Foto: Cornel van Heerden

Die proses om ’n opvolger aan te stel, is reeds aan die gang. Maseko sal help in die soektog na ’n nuwe uitvoerende hoof. Luidens die verklaring sal die nuwe uitvoerende hoof so gou moontlik aangekondig word.

Maseko sal vir die res van sy ampstermyn help verseker dat die inkomende groepshoof se oorgang vlot verloop.

Maseko het hom op 1 April 2013 by Telkom aangesluit.

Tydens sy agt jaar in die pos het hy die onderneming omgedraai en dit van ’n tradisionele vastelynfoon-maatskappy omskep in ’n portefeulje van ondernemings wat uit mobiele dienste, IT en groothandel-infrastruktuur bestaan.

Volgens die Sens het die groep onder sy leiding “baie merkwaardige strategiese prestasies behaal in die uitvoering van die breëbandgeleide strategie, wat in die huidige gesonde posisie van die groep weerspieël word”.

Telkom se mobiele afdeling is nou die derde grootste in die land, ná Vodacom en MTN. Hy het meer as 15 miljoen kliënte en genereer R20 miljard se inkomste per jaar.

Telkom se veselvoetspoor is uitgebrei en baie vastelynkliënte is gemigreer na nuwe tegnologieë (vesel en LTE). Tot dusver oorskry die getal huise wat met vesel verbind word die getal huise wat met koper verbind is.

Meer oor:  Telkom  |  Sipho Maseko  |  Selfoonmaatskappye  |  Internet  |  Data  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.