Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom help kleinsake met onbeperkte oproepe

Binnekort sal jy na hartelus op ’n landlyn kan praat sonder om na die horlosie te kyk, maar net as dit vir jou onderneming is.

Een van Telkom se winkels, waar kleinsakelui kan aanklop vir ’n nuwe landlynpakket. Foto: Getty Images

Telkom, wat al hoe minder inkomste uit landlyne verdien soos mense alles op selfone begin doen en boonop minder klets, bemark nou ’n pakket van onbeperkte stemoproepe aan klein ondernemings.

Klein ondernemings is verantwoordelik vir 22% van die omset van die sakesektor.

Die Covid-19-pandemie het egter baie bedrywe landwyd, en veral klein winkels en ondernemings, swaar getref.

Baie sake-eienaars moes hul deure sluit of koste besnoei – en vir baie het ’n landlyn ’n luukse geword.

Telkom Business se Unlimited Voice Plan kan ondernemings volgens die maatskappy help om byna 30% op stemoproepe te bespaar. Die aanbod is gemik op eienaars van kleinsake wat nuwe Telkom-klante wil word, asook diegene wat voorheen by Telkom was, maar die diens moes opskort of kanselleer weens die koste daarvan.

Die nuwe planne sal ook beskikbaar wees vir bestaande Telkom Business-klante wat stemlyne by hul bestaande pakket wil voeg.

Vir ’n beperkte tyd sal kleinhandelkliënte onbeperkte stemoproepplanne teen slegs R199 per maand ontvang. Die aanbod sluit maandelikse lynhuur sowel as gebruik in. Die 30%-besparing is ’n gemiddelde som.

“Met die onbeperkte stemoproepplanne subsidieer ons die kleinhandelaars wat ernstig deur Covid-19 geraak is. Dis daarop gemik om klein ondernemings te help om weer op die been te kom deur hul bedryfskoste te verlaag,” sê Dumisani Bengu, handelshoof van Telkom Business.

“Die prys is vasgestel op R199, wat ons glo baie klein ondernemings sal kan bekostig om elke maand toegang tot onbeperkte stemoproepe te kry.”

Die aanbod sal tot einde Julie 2021 beskikbaar wees, maar weens die onsekerheid oor die ekonomiese invloed van die pandemie sal dit daarna hersien word. Kleinsake-eienaars kan by enige Telkom-winkel, via die Telkom-inbelsentrum (10213, gratis van ’n landlyn af) of aanlyn by www.telkombusiness.co.za vir die plan inskryf.

Telkom het ’n nuwe produk vir kleinhandelaars. Foto: Telkom
Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Kleinsake  |  Telekommunikasie  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.