Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom kry bloedneus in saak teen SAID
Telkom se kenteken op die Hillbrow-toring in Johannesburg.Foto: Getty Images

Telkom se appèlsaak teen die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) rakende agterstallige belasting, het misluk, het dié maatskappy Dinsdag in ’n Sens-verklaring bekend gemaak.

Die appèlsaak spruit uit ’n dispuut tussen Telkom en die SAID rakende die betaling van belasting op ’n verlies wat die maatskappy in 2012 gehad het nadat hy ’n bate in die buiteland verkoop het.

Telkom het die saak aanvanklik na die belastinghof geneem waar sy aansoek misluk het.

Dit is daarna na die appèlhof verwys en op 4 Maart 2020 aangehoor. Uitspraak is op 25 Maart ten gunste van die SAID gelewer.

Telkom beplan om die saak na die konstitusionele hof te neem.

Die maatskappy sê hy het reeds in die 2012- en 2014-boekjaar voorsiening gemaak dat hy dalk die agterstallige belasting sal moet betaal.

Daarom het die uitspraak deur die appèlhof, of die konstitusionele hof (sou dit nie in sy guns bevind nie) geen impak op huidige verdienste nie.

Die agterstallige bedrag beloop sowat R1 miljard. Sou Telkom dit uiteindelik moet betaal, sal dit wel ’n impak op sy kontantvloei hê en sal hy sy verklaarde resultate vir die 2014-boekjaar moet wysig in ooreenstemming met ’n betalingsooreenkoms wat hy met die SAID sal aangaan.

Telkom se aandeelprys boer die laaste jaar agteruit, maar was Dinsdag meer as 7% hoër op R19,92.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Telkom  |  Tegnologie  |  Hofsaak  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.