Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom Mobile 1ste om data-oordrag toe te laat
Die Hillbrow-toring, wat deur Telkom bedryf word, in die nag in Johannesburg afgeneem. Foto: Argief

Telkom is vandag die eerste netwerk in Suid-Afrika om verbruikers toe te laat om hul data oor te dra en/of te hou sonder dat dit verval.

Die besluit is deel van die nuwe datareëls wat deur die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) ingestel is en wat van 28 Februarie 2019 van toepassing is.

Verbruikers op enige van Telkom se selfoonpakkette kan van Maandag af hul data oordra aan enige ander Telkom Mobile-kliënt. Met betrekking tot Okosa se vereiste dat ongebruikte data nie meer aan die einde van elke maand mag verval nie, laat Telkom nou toe dat data vir ses maande geldig sal wees voordat dit sal verval.

Telkom is die eerste netwerk om dié funksionaliteit te bied.

Die aanvanklike sperdatum vir die toepassing van Okosa se nuwe datareëls was 8 Junie 2018, maar Cell C het toe in ’n dringende hofaansoek om uitstel gevra. Vergunning is toegestaan, maar Okosa het teen die hof se uitspraak geappelleer.

Midde dié onsekerheid wag verbruikers nog op die meeste netwerke om Okosa se nuwe reëls toe te pas.

Telkom was nog altyd die baanbreker met data. Ons het laer datapryse vir verbruikers gebied en die implementering van (Okosa se) kliëntediens-handves is nog ’n manier om ons kliënte se belange te beskerm
Andrew Dawson

Andrew Dawson, hoof van Telkom se mobiele produkte en dienste, het verduidelik dat Telkom voortgegaan het met die toepassing van die nuwe reëls omdat dit “die regte ding is om te doen”.

“Telkom was nog altyd die baanbreker met data. Ons het laer datapryse vir verbruikers gebied en die implementering van (Okosa se) kliëntediens-handves is nog ’n manier om ons kliënte se belange te beskerm,” sê Dawson.

Benewens die reëls oor die oordrag en verstryking van data, sluit Okosa se nuwe reëls in dat netwerke hul kliënte inlig sodra 50% en dan 80% van hul beskikbare data opgebruik is, en weer as die verbruiker niks data oor het nie. Verder mag netwerke nie meer buitebondeltariewe hef vir die gebruik van data nie, tensy die kliënt pertinent daartoe ingestem het.

Telkom voldoen reeds sedert Oktober aan dié laaste twee vereistes.

Meer oor:  Telkom Mobile  |  Vodacom  |  Mtn  |  Cell C  |  Data  |  Datakoste  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Telekommunikasie  |  Okosa  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.