Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom Mobile groei, maar teen ’n reuse-koste

Die enorme koste om nuwe selfoontorings te finansier, gaan Telkom se inkomste onvermydelik knou.

Telkom
Die Telkom-toring in Pretoria. Foto: Getty Images

In ’n handelsverklaring sê Telkom hy verwag sy verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde September sal met tussen 30% en 40% daal.

Dieselfde daling word verwag in sy wesensverdienste per aandeel.

Telkom skryf dié daling toe aan ’n enorme styging van tussen 120% en 130% in sy netto finansieringskoste, vanaf R443 miljoen verlede jaar tot tussen R974,6 miljoen en R1,01 miljard vir die 2019-halfjaar.

Maar Telkom wys ook die vinger na die nuwe Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS16) waaraan hy nou moet voldoen as ’n groot drywer van die onverwagte verhoging in die finansieringskoste.

Sonder die IFRS16-standaarde sou sy finansieringskoste met tussen 80% en 90% toegeneem het, voer Telkom aan.

Volgens Telkom sou die afwesigheid van dié standaarde dus beteken het dat sy finansieringskoste R177,2 miljoen minder sou wees.

Telkom verduidelik die uitbreiding en sukses van Telkom Mobile gaan ook gepaard met ander verwikkelinge.

Telkom moes nie net drasties meer geld leen om Telkom Mobile uit te brei nie, maar het ’n groot koste aangegaan om sy skuld van swewende rentekoerse tot vaste rentekoerse om te skakel, wat die langtermynrisiko help minimaliseer.

Telkom sal sy finale halfjaarsyfers op 12 November uitreik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.