Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom moet R4,6 miljoen se verhogings opdok

Vier jaar nadat Telkom ’n ooreenkoms oor salarisverhogings eensydig aangepas het, is hy gedwing om die ooreengekome verhogings toe te staan.

Die Hillbrow-toring met die Telkom-embleem in Johannesburg. Foto: Getty Images

Die vakbond Solidariteit sê die telekommunikasiefirma sal nou R4,6 miljoen se aanpassings terugwaarts tot April 2017 aan duisende werknemers moet uitbetaal.

Dit kom nadat Telkom ingewikkelde somme gebruik het om die 6%-verhoging te bepaal eerder as om dit op elke werknemer se individuele pakket van toepassing te maak.

Linda Senekal, Solidariteit se sektorkoördineerder vir die kommunikasiebedryf, sê: “Telkom se manier van verhogings bereken sou van die werknemers benadeel, veral dié wat lang diens het, en sou weer van die jonger werknemers in ’n mate bevoordeel.”

Solidariteit het twee keer ’n arbitrasiesaak hieroor gewen. “Op dié manier word elke werknemer op sy eie pakket of salaris vergoed en niemand word benadeel of bevoordeel nie.

“Die oorwinning is groot in dié sin dat dit ’n waarskuwing aan ’n groot instelling soos Telkom is om nie ooreenkomste ligtelik op te neem nie.

“Ons grootste oorwinning lê daarin dat Telkom gemaan kan word om in die toekoms die regte ding te doen, om gehoor te gee aan ooreenkomste en om nie eenvoudig net sy ooreenkomste en beleide ten koste van werknemers eensydig te wysig nie.”

Die terugwerkende verhogings moet einde Julie uitbetaal word.

Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Solidariteit  |  Telekommunikasie  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.