Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom moet vrywillige pakkette aanbied – vakbonde

Vakbonde het Telkom Dinsdag aangemoedig om vrywillige skeidingspakkette aan werknemers te bied in ’n poging om sy arbeidsmag op ’n minder traumatiese manier te snoei.

A sign stands at the entrance to the Telkom SA SOC
Telkom is besig met 'n grootskaalse herstruktureringsproses. Foto: Getty Images

Die Information Communication Technology Union (Ictu), Numsa en Solidariteit, drie van die vakbonde wat Telkom-werknemers verteenwoordig, is ten gunste van vrywillige pakkette in ’n poging om te keer dat Telkom byna 3 000 mense gedwonge aflê.

Hulle stel voor die pakkette word reeds Donderdag aangebied.

Die vakbonde het Dinsdag die derde konsultasie met behulp van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gehad sedert Telkom sy herstrukturering op 22 Januarie aangekondig het. Die art. 189-proses moet reeds teen 22 Maart voltooi wees en tot dusver word net gepraat oor die rasionaal wat Telkom vir die afleggings aanvoer.

Die vakbonde verwerp Telkom se rasionaal, onder meer dat mededinging vir telekommunikasiedienste toeneem en reguleerders ’n uitdagende bedryfsomgewing skep.

Volgens Thabang Mothelo, Ictu se woordvoerder, is die grootste rede vir Telkom se daling in inkomste dat verbruikers nie meer persoonlik met personeel kan praat nie weens die sluiting van takke, en dat die telekom nie herbelê het in die tegnologie waar geleenthede vir grootmaataankope is nie (insluitend optiese vesel).

Telkom weerhou glo steeds inligting wat die vakbonde aangevra het omdat dit glo vertroulik is.

Hoewel vastelyn-dienste al hoe minder gebruik word, sê Ictu dit bly winsgewend en Telkom reageer nie op die vraag hoekom hy ophou om kliënte op die koperkabelnetwerk te bedien nie.

Meer oor:  Solidariteit  |  Ictu  |  Numsa  |  Telkom  |  Tegnologie  |  Internet  |  Date  |  Selfoonmaatskappye  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.