Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom nou SA se ‘swakste netwerk’
Suid-Afrikaanse diensverskaffers sukkel om tydens beurtkrag konnektiwiteit in alle gebiede te handhaaf. Foto: Unsplash

Telkom is nou Suid-Afrika se swakste sellulêre netwerk wat die gemiddelde internetspoed betref, wys nuwe navorsing van MyBroadband.

Volgens MyBroadband se jongste gehalteverslag oor Suid-Afrikaanse selfoonnetwerke is die gemiddelde aflaaispoed oor die Telkom-netwerk nou 19,11 Mbps. Drie maande gelede, einde Desember, was dit 21,63 Mbps.

Die gemiddelde aflaaispoed oor Cell C en Rain is stadiger as Telkom s’n, maar dié netwerke beskik oor ’n beter gemiddelde oplaaispoed en laer latensie, wat algeheel ’n beter ervaring vir gebruikers beteken.

Latensie verwys na die vertraging op ’n netwerk wat betref die oordag van data.

Rain het die laagste latensie uit al die diensverskaffers met net 29 millisekondes.

MTN is in die tweede plek met ’n latensie van 35 millisekondes. Telkom s’n is 44 millisekondes.

netwerk

MTN is steeds loshande Suid-Afrika se vinnigste netwerk wat gemiddelde aflaaispoed betref. Dié spoed beloop nou 43,47 Mbps op die MTN-netwerk. Drie maande gelede was dit 40,64 Mbps.

Die gemiddelde aflaaispoed op Vodacom het effens gedaal van 32,23 Mbps einde Desember tot 29,79 Mbps nou.

Rain se gemiddelde aflaaispoed het eweneens van 16,44 Mbps tot 15,20 Mbps teruggesak.

Cell C se gemiddelde aflaaispoed het van 16,48 Mbps tot 17,52 Mbps verbeter.

MTN bestee die meeste van al die diensverskaffers aan die uitbreiding en opknapping van sy netwerkinfrastruktuur.

Die maatskappy het sedert 2016 al meer as R40 miljard hieraan bestee.

netwerk

Die gemiddelde aflaaispoed oor al die netwerke gesien, het sedert Desember ook gedaal van 26,73 Mbps tot 25,57 Mbps.

Dié daling kan deels toegeskryf word aan diensverskaffers wat sukkel om konnektiwiteit tydens beurtkrag te behou.

Meer oor:  Mtn  |  Cell C  |  Vodacom  |  Telkom  |  Rain  |  Spoed  |  Tegnologie  |  Internet  |  Maatskappye  |  Diensverskaffer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.