Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom: Gesprekke oor afleggings begin
A sign stands at the entrance to the Telkom SA SOC
Telkom beplan om 3 000 mense af te lê. Foto: Getty Images

Onderhandelinge tussen Telkom en vakbonde oor die moontlike aflegging van tot 3 000 personeellede begin Woensdag.

Telkom het verlede week die skoknuus aangekondig dat hy beplan om ’n derde van sy arbeidsmag by sekere van sy afdelings af te lê.

Volgens Sipho Maseko, uitvoerende hoof, is die afleggings “dringend nodig” om die volhoubaarheid van die maatskappy te verseker.

Die afleggings gaan in twee rondes plaasvind met die eerste ronde wat op personeel van OpenServe, verbruikersdienste en Trudon (voorheen bekend as Yellow Pages) fokus.

By hierdie afdelings werk 9 199 mense.

Sowat 50% van Telkom se werknemers word deur die Communication Workers Union (CWU) verteenwoordig. Aubrey Tshabalala, sekretaris, het bevestig hy gaan Woensdagoggend in gesprek met Telkom tree oor die beplande afleggings.

Ander werkers word deur die Federation of Unions of SA, Information Communications and Technology Union, en Solidariteit verteenwoordig.

Die partye het twee maande om tot ’n vergelyk te kom.

Hoewel Telkom se inkomste uit mobiele dienste skerp toeneem, vaar sy afdeling vir vastelyndienste al swakker.

Die “vinnige veranderinge” in tegnologie bly ’n groot uitdaging, sê Telkom Woensdagoggend in ’n verklaring.

Die maatskappy blameer ook die sukkelende ekonomie en sterk mededinging tussen die vier groot diensverskaffers as van die vernaamste redes oor waarom hy personeel moet aflê om winsgewend te wees.

Telkom se agterstallige skuld is ook rede tot kommer. Einde September 2019 was sy skuld wat hy in die mark geleen het, R12,8 miljard. Net ses maande voor dit, aan die einde van Maart 2019, was dit R10,3 miljard.

Dit terwyl Telkom sy uitvoerende hoof ’n totale vergoedingspakket in die afgelope boekjaar van meer as R23 miljoen betaal het.

Vakbonde sal na verwagting later Woensdag verklarings uitreik oor die dag se onderhandelinge.

Nog onderhandelinge is reeds vir Donderdag geskeduleer.

Telkom se aandeelprys was Woensdag in ’n stadium meer as 4% hoër op R36,28.

Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Tegnologiemaatskappye  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.