Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom op dreef in 2021

Telkom se mobiele kliënte en inkomste laat die maatskappy se syfers blink lyk.

Sipho Maseko, uittredende uitvoerende hoof van Telkom.

Die maatskappy het sy kwartaallikse handelsverklaring vir die tydperk April tot Junie bekend gemaak en daar is ’n aansienlike groei in mobiele kliënte en inkomste uit mobiele data.

“Telkom het ’n stewige stel resultate vir die eerste kwartaal van die jaar in ’n uitdagende handels- en ekonomiese omgewing uitgereik,” sê Sipho Maseko, die uittredende uitvoerende hoof van Telkom.

LEES OOK: Telkom begin soektog na nuwe uitvoerende hoof

Telkom se groepinkomste het met 3,5% tot R10,6 miljard gestyg. Dit is hoofsaaklik aangedryf deur sy mobiele onderneming.

“Wat bemoedigend was, is dat die mobiele onderneming ondanks ’n baie sterk eerste kwartaal van die vorige boekjaar sy groeiproses volgehou het,” sê Maseko.

Die onderneming se inkomste uit mobiele dienste het met 13% tot R4,4 miljard toegeneem, ondersteun deur ’n toename van 36,3% in aktiewe kliënte tot 16,1 miljoen.

Baie van die groei kom van voorafbetaalde kliënte.

Inkomste uit mobiele data het met 11,1% tot R3,2 miljard gegroei, ondersteun deur ’n 30,9%-styging in mobiele breëbandkliënte tot 10,5 miljoen, wat meer as 65% van Telkom se aktiewe kliëntebasis verteenwoordig.

Telkom se gemiddelde inkomste per kontrakkliënt was R221.

Oorhoofs het Telkom se inkomste vir verbruikersondernemings met 8,3% tot R6,5 miljard gestyg.

Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Internet  |  Telekommunikasie  |  Data  |  Slimfone  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.