Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom sê landlyn-dienste is herstel
Telkom se kenteken pryk op die Hillbrow-toring in Johannesburg. Foto: Getty Images

Ná twee dae is die probleme met landlyndienste uiteindelik uitgestryk, het Pynee Chetty, woordvoerder van Openserve, aan Netwerk24 bevestig.

Nommers in die 086- en 0800-reeks, sowel as sommige gewone landlyne, het sedert Dinsdagoggend nie gewerk nie.

Ondernemings soos banke en versekeraars moes alternatiewe nommers of platforms aan kliënte gee omdat oproepsentrums nie telefonies bereik kon word nie.

Volgens Chetty is die onderbreking in stemdienste deur “veelvlakkige foute” op Openserve se platform veroorsaak.

Die herstel daarvan was ook baie ingewikkeld, sê hy.

“Die Openserve-span het onverpoos saam met plaaslike en internasionale kundiges gewerk om die platform te herstel.”

Die maatskappy, wat aan Telkom behoort, het die fout reeds twee dae gelede opgespoor, maar het sedertdien gespook om dit reg te stel.

Stukkende apparatuur moes vervang word, waarna ingewikkelde verstellings aan programmatuur ook aangebring moes word.

“Dit was effektief in die herstel van al die geraakte dienste op die platform.”

Nommers in die 0800-, 0860-, 0861- en 0862-reeks is deur die probleem geraak.

Al die nommers werk nou weer, sê Chetty.

Tog bly Openserve en sy span “op en wakker” om te verseker dat stemdienste nie weer onderbreek word nie.

Telkom is besig met ’n groot herstruktureringsproses en beplan om teen einde April ’n groot aantal werkers by Openserve en van sy ander afdelings af te dank.

Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Telekommunikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.