Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom sê stelsel werk weer

Telkom sê op Twitter die stelselprobleme wat Vrydag sy webwerf laat knak het, is uitgestryk.

Die stelselprobleme het beteken baie kliënte wat Vrydag data of lugtyd op hul selfone herlaai het, dit nie ontvang het nie.

In ’n reeks boodskappe wat sedert Saterdag op sy Twitterrekening verskyn, sê Telkom hy het die probleem, wat veroorsaak is deur apparatuur wat onklaar geraak het in een van sy stelsels, opgelos.

Gebruikers wat Vrydag lugtyd of data gekoop het, maar nie ontvang het nie, word volgens die twiets wel vergoed.

Sommige gebruikers het ook op Twitter berig dat hulle een gig se gratis data van Telkom ontvang het om verskoning te vra vir die ongerief. Die gratis data sou net vir twee dae geldig wees.

Saterdag het die webpublikasie MyBroadband berig dat hy ondanks Telkom se versekering dat die stelsel weer werk, nie ’n voorafbetaalde simkaart by ’n Telkomwinkel in Gauteng kon koop nie.

Personeel het gesê hul stelsel was reeds sedert Donderdag onklaar.

Telkom sê mense wat steeds probleme ondervind kan ’n regstreekse boodskap (DM) op Twitter aan die maatskappy stuur wat hy dan sal opvolg. Sluit die betrokke foonnommer en die besonderhede van jou probleem in.

Telkom herinner mense daaraan dat hulp van 08:00 tot 20:00 op Maandae tot Vrydae gebied word en van 08:00 tot 14:00 oor naweke en openbare vakansiedae.

Wat werk wel?

Mense kan data of lugtyd laai deur hul bank-app.

Mense kan data of lugtyd deur middel van *180# probeer laai, maar dit werk net met tussenposes.

Mo’Nice werk weer ná vroeëre probleme, wat beteken kliënte behoort te kan herlaai deur *123# te skakel.

Meer oor:  Telkom  |  Ikt  |  Lugtyd  |  Stelselprobleme  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.